Hoofstuk45

46 1 0
                                    

Vlam in die Hart
Deur Jay
Hoofstuk 45

Stella lê en huil haar oë rooi "Niemand verstaan die seer nie,niemand"

Sy weet dat dit nou die tyd is om afskeid te neem van alles wat Kent aan haar gedoen het. Dus net effens moeilik want sy weet nie hoe om te laat gaan van die engel wat hy eens was in haar lewe nie. So baie as wat sy net die slegte dinge wil onthou kom dit nie naby die goeie dinge wat hulle gedeel het nie.

"Ek het net my Ma nou nodig! Maar waar begin ek om aan haar te vertel wie en wat Kent rerig is... dus net te seer hulle gaan disappointed wees in my dat ek toe laat dat hy my so seer sny."
Stella sit en praat met haarself in die donker kamer

Die trane loop soos water van haar oë af.
En dan besluit sy om haar foon te kry en die manetjie 'n boodskap te stuur op wie sy moes op 'n date gegaan het.
En dus vee sy haar trane af hy het ingestem om haar op Navil hill te ontmoet.
Sy trek net vir haar iets gemaklik aan en dus laat weet sy vir Riette waarna sy oppad is.
Sy klim in haar kar en speel lekker musiek.

Sy arriveer toe op Navil hill sy is diep down nogsteeds emotioneel oor die hele gebeure.
Dus amper asof sy weg hardloop van haarself af want as sy aleen is wil sy net huil as sy darem tussen mense is , is sy oraait.

"Ek jy moet seker Stella wees?"  'N kort kleurling manetjie met lang hare approach haar.

"Ja ek is, en jy is seker Piere?"  Gaan Stella heel vroelik voor.

"Ja lekker om jou te ontmoet Stella"

"Selfde hier.." Dus stroll die twee stadig maar seker na die edge om die nag ligte dop te hou
Hulle leer ken mekaar baie vinnig , Stella geniet sy geselskap so baie dat sy begin oop maak oor die hele Kent besigheid en sy begin weer te huil soos sy vir hom vertel.

"Dus asof God jou na my toe gestuur het, want ek het soveel dinge in die lewe oorgekom en ek het dit elke keer survive so ek gaan jou guide deur jou break up ..."
Gaan Piere heel vriendelik voor.

"Dankie ek kan sommer sien ek en jy gaan awesome vriende raak." Gaan Stella voort.

Dus loop hulle tot by die kar.
"Kan jy my lift gee ek bly net hier onder."

"Dus dood reg"

Stella glimlag so effens en dus ry hulle.
Stella laai hom af
"Ons praat dan weer" Maak Piere homself duidelik.

"Regso geniet jou aand en dankie vir die advise"

Toe Stella by die woonstel kom kry sy dat Riette lankal al slaap.

Dus gaan sy na haar kamer, maar alles in haar kamer herinder haar aan Kent.
Dus vat sy haar laptop en speel die film Moana.

In die middle van die film kry sy weer die gedagte aan Kent hy love animated movies en sy onthou die een tyd toe hulle twee Toy story 4 gaan kyk het en Kent so emotioneel geraak het vir die einde en somer begin huil en sy nog one gevat het van sy trane oor 'n pop film.

En dus stop sy die movie en gaan na haar spieel kas se Kassie toe. Sy haal haar dagboek uit en dan sit en skryf sy 'n brief vir Kent

'Pyn en disbelief torture my dag en nag sedert die dag toe jy my verneuk het .. ek verdien nie jou liefde nie.. ek wens daar was 'n ander manier maar ek weet huidiglik nie hoe om die hartseer weg te neem nie ek besef ek is besig om jou in ander mense te soek maar ek kom net nie reg nie, ek verlang my Kennie maar daar is niks wat ek kan doen nie. My liefde was seker nie genoeg nie. Ek kan nie meer aangaan met my lewe sonder jou nie jy is my alles jy het my rede gegee om elke dag op te staan en nou voel dit asof ek geen purpose het nie dit voel asof my lewe stil staan. Jy het my gewys hoe is dit om iemand rerig lief te hê, jy het my gewys elke cuddle , elke soen, elke glimlag is die moeite werd solank ek jou in die omte gehad het. Sonder jou is ek niks nie, ek voel lee gen ek wil nie so voel nie. ek skryf die brief omdat ek besluit het ek wil nie meer hier op aarde wees en jou elke sien nie, ek wil nie sien hoe jy met haar aanbeweeg nie dit maak te seer...
Liefde Stel'

Toe sy klaar geskryf het haal sy 'n sak vol verskillende pille uit en begin sluk met trane wat uit haar oë kom

Word vervolg

Vlam in die HartWhere stories live. Discover now