Hoofstuk 4

121 2 0
                                    

Vlam in die Hart
Deur Jay
Hoofstuk 4

Dus besig om donker buite te raak. Stella le en huil nogsteeds sy voel dat sy moet iets in haar lyf kry maar die gedagtes aan kos maak haar siek.
Sy besluit dan om op te staan en die bed lampie aan te sit , sy maak die bedkassie se laai oop en haal haar kar sleutels uit.

Dus baie laat omtrent agt uur maar sy voel sy moet nou iewers ry om haar kop skoon te kry.
Sy vergeet skoon van die gevaar al wat sy wil doen is om haar kop skoon te kry.

Sy voel effens bietjie swak maar sy trek vinnig vir haar iets gemaklik aan, sonder om haar hare te kam of haar tande te borsel.

Sy sluit die woonstel en spring in haar kar...
Sy besluit om net hartseer musiek te speel.. En soos sy wegtrek loop die trane van haar wange af.

Dus nie goed om te bestuur wanneer jy emotioneel is nie maar sy dink nie reg uit nie , al wat sy wil doen is weg kom van die woonstel af.

Sy het geen rigting of spesifieke plek waarna sy toe wil gaan nie sy ry net aaneen... dan besluit sy , sy gaan na Kent se plek toe sy wil hom net sien.

Dis natuurlik nie 'n goeie idea nie  en sy weet dit. Kent het aanbeweeg en sy weet dit maar sy wil hom net sien. Sy wil weet wat het daardie meisie wat sy nie het nie.

Sy hoot voor sy plek... sy hoot en hoot...

Tot haar verbasing kom hy uit.

Sy klim stadig maar seker uit, alles in haar wil na hom toe hardloop en hom 'n drukkie gee en vas hou. Maar sy onthou dat sy daardie reg verloor het.

"Stella wat soek jy hier? Ek dog ons het besluit dat ons nie mekaar weer gaan sien nie."  vra Kent die oomblik toe sy uit die kar klim.

Stella probeer om die trane in te hou maar sy kan nie "Kent ek verlang jou! Ek doen en elke oomblik van elke dag dink ek aan jou." Se sy tussen soveel trane.

"Kom ons gaan praat daar binne." Stel Kent voor.

Stella sluit haar kar en loop agter Kent in na sy kamer.

"Stella ek weet jy verlang my maar jy moet sterk wees."  hy sit op sy bed sonder enige emosies.

Stella breek letterlik voor hom sy snik huil woorde kan skaars haar mond verlaat sy kleef aan sy T-shirt "Ek vergewe jou Kent dus hoe lief ek vir jou is ek is bereid om jou te vergewe al maak dit seer."

"Ons kan nie Stella ek is lief vir jou maar ek is verlief op Leah ons kan nie meer nie Stella ek is nou in 'n verhouding en jy weet dit."
Vertel Kent aan Stella sonder om haar vas te hou of te troos hy probeer haar los maak van sy T-shirt af.

"Ek smeek jou Kent , ek smeek jou!"  hou sy steeds styf aan sy T-shirt vas met oneindige trane.

"Ek kan nie Stella.. aanvaar asseblief."

"So jy gaan 2 jaar net so weg gooi en dit vir Leah???  Het ek niks vir jou beteken nie? het ek rerig niks vir jou beteken nie?" Stella het sy T-shirt gelos en op sy bors met haar vuiste begin slaan.

"Jy het alles veroorsaak Stel as jy nie so jaloers en insecure was nie en net laat ek my naweek weg geniet het sou ek nooit in Leah se arms beland het nie."

"Ek het mos gesê ek is jammer , maar hoe verduidelik jy dit jy is die volgende dag na ons break up sommer in 'n verhouding met dieselfde persoon wat ek jou mee verdink het?? Hoe verduidelik jy dit Kent en dan wil jy die slagoffer speel jy maak asof die hele ding my skuld is ."

"Stella jy is nie sterk genoeg vir die waarheid op die oomblik nie loop liewer asseblief."
En met dit maak Kent die deur oop sodat Stella kan loop.

Dit maak haar so seer so seer maar sy besluit om te loop, sy weet wat die waarheid is maar in haar agter kop wil sy dit nie glo nie want sy blameer haarself vir wat skeef geloop het as sy maar net nie daai saterdagaand so aangegaan het nie as sy nie die sondag oggend so ver gegaan het om Leah te bel en te konfronteer was hulle verhouding nog perfek gewees.

Sy klim weer in haar kar en ry met 'n spoed sy neem niks in ag nie, nie eers die rooi robots nie...

Word vervolg...

Vlam in die HartWhere stories live. Discover now