Hoofstuk 26

51 2 0
                                    

Vlam in die Hart
Deur Jay
Hoofstuk 26

Riette hou nogsteeds vir Stella vas wat diep hartseer sit en snik.

"Riette ek wil net weet wat het ek aan Kent gedoen dat hy my so seer gemaak het? Was ek nie goed genoeg nie?" Vra Stella vir Riette deur haar trane.

"My liewe Stelie soos ek jou gesê het niks is fout met jou die fout lê by Kent, dus wie hy is Stelie en dus beter hy het nou sy ware klere gewys as later in die lewe wanneer julle miskien getroud was en kinders saam gehad het, ek weet dit maak nou seer maar wees dankbaar dat jy nou sy ware klere gesien het as later in die lewe... ek persoonlik was nog nooit deur so iets nie so ek kan nie sê ek verstaan waardeur jy nou gaan nie maar jou trane en seer gaan ook verdroog die is net 'n tydelike seisoen jy gaan iemand kry wat jou onvoorwaardelik lief gaan het , maar eers moet jy leer om jouself lief te hê en jou waarde weer te vind moet nie laat Kent jou Joy so steel nie... Ek ken jou nie as die mens wat in 'n hoek sit en haarself bejammer nie ek ken Stella die vergter , die Stella wat altyd met 'n glimlag in 'n vetrek stap.. onthou net ek is hier vir jou ek gaan nêrens nie. Ek sal nou nie kan die leemte vul wat Kent gevul het nie maar ek is hier as jy wil huil, of net praat selfs al wil jy net 'n movie kyk ek is hier."
Riette se hart bloei vir haar vriendin, sy wil graag help maar sy weet nie hoe nie al wat sy kan doen is om te luister en nie te oordeel nie.

"Dankie Riette vir die mooi woorde ek waardeur dit op reg, ek doen rerig ek weet nie wat ek sonder jou sou doen nie ek is lief vir jou onthou dit vriendin."  Stella begin haar trane afvee .

"Altyd Stelie , ooo maar jy sit my darem in 'n moeilike posisie want as ek nou vir Kent sien wil ek hom net kak vertel laat die sea hom nie kan af was nie , niemand mors met my vriende en kry nog 'n bord kos verniet nie , niemand!!! Maar nou verwag jy ek moet cool saam hom wees!" Riette begin somer kwaad raak as sy aan die feit dink dat Kent nog oorkom en nog aan een Stella se goeie gyt misbruik.

"Kalmeer vriendin, ek weet wat ek doen jy moet net geduldig wees ek gaan Kent se gal werk wie nie hoor nie moet voel!" Stella se oë verander van hartseer na wraak.

Riette sit en bestudeer vir Stella "Vriendin? Is jy okaay?"  Riette is effens deurmekaar omdat Stella nou 'n rukkie terug so hartseer was en nou sy alweer 'n skelme smirk op haar gesig.

"Ek is fine.. Maar weet net as ek 'n ander auntie se kind dood maak is dit nie my skuld dit gaan sy eie skuld wees." Gaan Stella voort.

Riette se mond hang behoorlik oop "Stelie die is nie jy nie wat gaan aan? Moet nie vir my sê jy vergiftig Kent!!"

"Arg moet nie laf wees Riette jy behoort my te ken ek sal nooit so iets doen nie."

"Mens weet nooit seer doen wonderlike goed aan mense, ek raai aan jy gaan sien 'n sielkundige Stelie voor jy iets doen wat jy later gaan berou."

"Vertrou my ek het hoeveel kanse gehad om daai ding  vrek te maak , maar ek het nie .. maar ek beplan definitef iets."

"Ek hoop nie dus iets gevaarlik nie." Riette kyk vir Stella aan met soveel kommer.

"Vertrou my net en moet nie 'n woord praat nie jy gaan gou agter kom waarmee is ek besig." Stella staan dus op en kyk haar foon

Riette sit nogsteeds op die couch heel confuse maar sy stel haarself gerus dat Stella nie iets aklig sal doen nie.

"Okay dan ek vat jou woord maar wees versigtig jy weet ook nie waar toe Kent in staat is nie as hy jou so seer kan maak sonder om jammer te sê sal hy nie twee keer dink om jou terug te kry nie."

"Ek weet wat ek doen, en hy sal nie wag om my weer seer te maak nie. Maar ek moet nou gaan sien hy het 'n boodskap gestuur. Kook solank ek is nou terug."

En dus loop Stella by die woonstel deur uit ....

Word vervolg

Comment , Like, share

Vlam in die HartΌπου ζουν οι ιστορίες. Ανακάλυψε τώρα