Hoofstuk 30

37 3 0
                                    

Stille Water
Deur Jay
Hoofstuk 30
Die lewe is soos 'n kamera fokus op dit wat belangrik is vang die goeie tye vas , ontwikkel vanuit die negatiewe, en as dinge nie uitwerk nie probeer weer.

Ek wou steeds nie vir Stefan sien nie ek wil hom eenvoudig nie in sulke toestand sien nie maar ek moet vandag na skool by hom uitkom. Ja julle het reg gehoor dus maandag oggend en my eerste dag op skool na my Ma hulle uitgevind het van ek en Stefan.
Stefan se Ma was vroeg weg hospitaal toe so ek het basies met sy Pa om tafel gesit hy moet my aflaai by die skool.

"Is jy seker jy wil skool toe gaan? Jy is ook traumatise Seuna met alles wat met Stefan gebeur het en met jou Ma hulle. Jy kan altyd by die huis bly en Tv kyk geen druk." Maak William 'n voortsel

"Ek is seker ek wil skool toe gaan as ek moet by die huis bly wie gaan vir Stefan huiswerk kry? Of updated hou."

"Weer waar maak klaar laat ons gaan."

"Ek is klaar oom ons kan maar gaan."

Ons het opgestaan en ek het my boeke sak gevat en al agter William geloop tot by die kar. Ek is baie bekommerd oor Greg wat gaan hy sê. Ek het amper niks van hom die naweek gehoor en ek weet by die tyd weet hy niks in ons familie bly 'n geheim nie.
Maar wat sal ek maak ek moet tog die wêreld in die oë kyk ek kan nie wegkryp nie en hoe wens ek Stefan was vandag saam met my om die dag aan te pak maar hy het sy eie stryd wat hy nou moet veg en dus om gesond te raak.

William het my afgelaai ek het hom gegroet en dis loop ek in die skool yard. Almal se oë is op my.

"Moffie!" Maak 'n groep meisies opmerkings die oomblik toe ek verby loop.
Ek het net aangeloop asof ek hulle nie gehoor het nie. Maar hoe weet almal? Seker weer Fatima. En dus gaan ek dadelik op die skool se blad en sien 'n photo waar ek en Stefan in die lockers gevry het die aand toe ons uitgevang was.
Bleddie Fatima en Bernard!!!! Skreeu ek in my binneste.

"Hahaha ek hoor jou vrou is in die hospitaal, wie buk en wie staan?" Vra 'n groep manetjies soos hulle lag.
Ek het net weer aan geloop na die klas.

"Jirri my bru jy sê ook nie j yen Stefan knyp die kat in die donker" Maak Wally 'n opmerking die oomblik toe hy my sien.

"Ek nie krag hiervoor nie" Gaan ek voort terwyl ek voor die klas sit met my kop in my hande dit het gevoel asof ek kan huil.

"Ek judge nie my bru, maar hoe gaan jy van Fatima na Stefan jisliked daai is dan bad." Gaan Wally steeds aan.

"Bra kan jy my net uitlos ek nie opgeteken vir 'n interview nie life." Hap ek effens vir Wally.

"Jisliked! 'n man vra ook maarnet maar laat ek vir jou uitlos." En dus loop hy.

"So lyk dit as mens sonde pleeg" Hoor ek Fatima se stem.

"Bly weg van my af ek waarsku jou" Gaan ek al te kwaai aan.

"En wat gaan jy aan my doen gaan jy my weer klap? Hierdie keer gaan melt ek jou by 'n polisiestasie aan."

"Jy het geen skaamte nie maar ek verwag nie iemand soos jy moet skaam kry nie jy klim immers groot bome voor jou ouderdom so hoekom sal jy skaamte het, kom ek vertel jou vandag een ding jy mag dalk dink jy het gewen deur daardie photo van ek en Stefan te laat trend maar jy doen ons einlik 'n guns want nou weet almal en ons hoef nie meer voor te gee nie, jy gaan nog kry wat jou toekom en ek wens nooit sleg op mense nie want as dit actually gebeur dan kry ek hulle jammer, al wat ek sê is vir lekker jou lekker in ons seer."

"Arg whatever!" En dus loop sy.

Greg maak sy verskyning "Jy moffie blameer mos my vokken Pa vir jou kak!" Hy dink nie nog twee keer nie hy begin my te slaan.

En ek slaan terug ek gaan mos nie laat hy vir my bliksem as ek niks verkeerd gedoen het nie.

En dus breek Wally hulle ons op.

"Jy vokken dink te veel van jou Pa daai ding is sleg!! En hoe gouer jy dit besef hoe vokken better!" Half skreeu ek vir Greg.

"Jy is die laaste een om te praat Moffie hoeveel keer het ek nie saam jou gewas of kaal voor jou uit getrek so jy check my die heeltyd uit!!! En dan wil jy van my Pa praat as dit waar is dat hy Fatima swanger gemaak het is julle ewe sleg!! Ek soek vokol van jou af nie jy is nie meer my neef nie!!" Skreeu Greg.
Die kinders het alles op video en dus gaan die post viral dat Fatima van Bernard swanger is.

My hart was diep seer hoe kan my neef dit van my dink, hy is die persoon wat ek die meeste van verwag het ek het hom nog altyd ondersteun hoekom is dit so moeilik vir hom om my dieselfde te ondersteun?? Hoekom?

Word vervolg

Comment, like, share, share, share...

Stille WaterWhere stories live. Discover now