Hoofstuk 11

48 2 0
                                    

Stille Water
Deur Jay
Hoofstuk 11
Ek kon sy lippe op my lippe voel. Ek kan nie die gevoel beskryf nie.. ek is verbaas geskok maar tog numb kan nie 'n woord uit kry nie. ek kon hom nie eers terug soen nie al het ek nou al jare 'n crush op hom kon ek hom net nie terug soen nie miskien van skok.

Hy trek dadelik sy kop weg en staan vinnig op "Ek is jammer Brandon, ek is jammer ek weet nie wat my besiel het nie, ek is jammer Brandon."
Hy hou sy kop en hardloop die lang gang af.

Ek skreeu nog agter na "Dus okaay Stefan!!" maar hy kyk nie eers eenkeer agter toe nie.

Ek hou my kop "Wat op aarde het sopas gebeur?"
Ek moes maar die gear weg bere maar dan vang ek dat Stefan die sleutel het, so ek kan nie die deure sluit nie.

Ek stuur hom dan 'n boodskap.

'Die sleutel ek is nog hier kom sluit asseblief voor ons môre in die moeilikheid is by coach.'

'Ek kom'

Ek staan en wag baie nervous want ek weet nie hoe hy nou gaan reageer as hy terug kom nie.

Ek het net paar minute gewag dus al donker buite toe ek hom sien aankom.

Ek weet nie wat om te sê nie ek staan doodstil..
"Jammer oor dit ek, ek ..." begin hy te praat die oomblik toe hy naby my is.

"Sssht jy hoef jouself nie te verduidelik nie, ek verstaan jy was emotioneel en dat die soen 'n fout was ek sal niemand hiervan vertel nie ek belowe."

Daar is effens trane in sy oë "Dankie Brandon dat jy verstaan dat dit 'n fout was en dit sal nooit weer gebeur nie ek mean ek is nie gay nie jy is nie gay nie kom ons sien dit as 'n fout wat tussen twee braze gebeur het?"
Hy gee my sy hand om te verseker dat alles oraait tussen ons is. Ek neem sy hand dit was een van die langste handshakes wat ek al ooit in my lewe ervaar het ons hande wou eenvoudig nie uitmekaar nie en ek kry skierlik 'n warme gevoel in my mag.

"Uhm.." probeer ek die handshake breuk.

"Jy is reg is tyd om te sluit en te gaan." Hy los dadelik my hand en gaan na die locker kamer se deur en sluit terwyl ek agter hom staan en wag.

En soos blits draai hy om met die volgende woorde "Maar vok Brandon jy is sexy."
Sonder dat ek nog 'n woord kon sê voel ek sy lippe op my lippe en hy begin soen my met passie en ek kan ook nie weerstaan nie. Hy gooi my behoorlik teen die muur dat my rug antwoord gee, terwyl sy lippe nog op myne is.
Ek was nog nooit so kwaai gesoen nie, ek kon letterlik voel hoe die sweat druppels besig is om van my bors af te loop. En toe hy my los smag ek behoorlik na asem.

"Kom ons loop maak hy 'n voorstel."
Ek is doodstil kan nie 'n woord uit kry ek agtervolg hom stadig maar seker. Ek kan nie glo dit het gebeur nie. Ek knyp myself effens om seker te maak ek droom nie.

Maar dit was glad nie 'n droom nie.
"Sien jou dan môre Brandon en nie 'n woord hiervan nie asseblief nie eers vir Greg nie."
Smeek hy voordat hy sy rigting huistoe vat.

"Ek belowe my bra nie 'n woord nie ons geheim"

"Dit mag nie meer gebeur nie Brandon."

"Ek stem saam."
En dus loop elkeen sy eie rigting.


By die huis kom is Dewald alweer besig met drama Hy en Erin stry alweer.

"Naand Ma, Naand Oom." Groet ek nog toe ek die huis binne gaan.

"Hou jou vokken groet jy steek mos vir ek en jou Ma aanmekaar!!" begin praat Dewald direk met my.
"Hoe meen oom?"

"Jy sê mos ek vat die geld wat sy vir jou elke oggend los, en hoekom kom jy nou eers van die skool af?"
Hy staan nader asof hy my wil slaan.

"Los my kind uit , jy is gesuip en nou soek jy moeilikheid vanaand bel ek die blou ligte vir jou slegte ding betere werk gaan soek!"
Skel Erin ook van 'n kant af.

"Jy laaiks die laaitjie se part van jou vat ek gaan hom nog dik moer! Hy moet weet ek is die baas van die plaas ek slaan die guitar in die huis.!"

Ek staan daar "Ek is jammer ek kom so laat het sokker oefeninge gehad en was my beurt vandag om te sluit."

"Jy hoef jou nie aan die dronkgat te explain nie my kind. Hy voel homself weer vanaand hoor jy nie hy sê hy is die man van die huis nie, more like the man of the skokiaan as jy my vra gemmer syper!!"

"Ek gaan liewer my huiswerk doen roep maar as die kos reg is." ek verskoon my dadelik van die aklige conversation.

Maar net toe ek wil loop voel ek 'n warme hou op my oog...

Word vervolg.

Stille WaterWhere stories live. Discover now