Hoofstuk 17

44 3 0
                                    

Stille Water
Deur Jay
Hoofstuk 17

Ek staan en luister maar die woorde wil nie rerig Stefan se mond verlaat nie.

"Ek verstaan as jy dit nie kan sê nie" Maak ek aan hom duidelik.

"Wat verstaan jy? Wat dink jy wil ek sê"  Vra Stefan egter bekommerd dat Brendon weet wat hy wil uiter.

"Dus die ding ek weet nie wat jy wil sê nie..."

Stefan beweeg sy lyf al hoe nader aan Brendon
"Ek dink ek het gevoelens vir jou"  die woorde het so vinnig uit sy mond gekom ek kon skaars iets terug se toe voel ek sy lippe op my lippe.
En ons begin weer mekaar met soveel passie te soen.

En dus breek ek die soen
"Is daar iets fout " vra Stefan

"Nee, daar is niks fout nie ek voel dieselfde oor jou van laer skool af het ek 'n crush op jou gehad ek het net nooit geweet hoe om dit vir jou te sê nie..."
Die kyk op Stefan se oë ek kon nie uit maak hoekom hy so na my kyk.

"Ek is jammer" Maak ek 'n opmerking.

"Ek is net verbaas ek het nooit geweet nie..."

"Nooit geweet dat ek gay is?"

"Dit en die feit dat jy ook 'n crush op my gehad het sedert laer skool ek wil nie weird klink nie maar ek het een keer 'n boner gekry by ons graad 7 farewell en ek die bonner gekry toe ek na jou kyk ek het so skaam gekry maar gelukkig het niemand gesien nie Brendon dit was nog net jy al die tyd"

Ek weet nie wat om te sê nie die woorde kan skaars my mond verlaat.

"Okaay.." Antwoord ek effens awkward

"So jy gaan net okaay sê? Voel jy nie dieselfde nie?"

"Ek voel dieselfde Stefan maar as ons aan gaan met die gaan ons, ons mense seer maak jy weet die tipe liefde wat ek en jy het is verbode liefde dus 'n sonde"

"Maar niemand hoef te weet nie Brendon gee ons atleast 'n kans, ek weet wat ons doen is verkeerd dus verbode maar ek verstaan nie hoekom ek so oor jou voel nie help my verstaan as dit so verkeerd is hoekom voel ek dat dit reg is hoekom voel my hart so oor jou want ek dink elke dag aan jou since ons eerste soen." Die trane loop effens van Stefan se wange af.

"Ek weet dit maak seer om iemand lief te hê met die feit dat jy weet niemand sal approve nie , ek voel ook vir jou Stefan en ek weet hoe dit voel om hierdie laas rond te dra ek weet vertrou my"

Ek wil graag vir hom 'n kans gee omdat ek hom so lief het maar ek kan eenvoudig nie ek kan nie want een of ander tyd gaan dit uitkom en dit gaan ons albei se reputasie vernietig.

"Kom ons probeer darem iets Brendon" Smeek Stefan 

"Gee my tyd om daaroor te dink asseblief ek het baie wat aangaan huidiglik in my lewe"

Om eerlik te wees as ek rond om hom is vergeet ek letterlik van al my probleme maar nou is nie die tyd om rond te speel nie.

"Vat jou tyd Brendon jy weet waar om my te kry" En dus hardloop hy uit by die deur.

"Stefan moet nie so wees nie"  Skreeu ek nog agter na

"Vat jou tyd Brendon" Skreeu hy terug

Om te dink ek het soveel jare gedroom van die oomblik en nou dat dit hier is weet ek nie of ek dit rerig soek nie wat gaan aan met my?

Ek sluit maar die deur en loop stadig maar seker huistoe.

Dus sien ek vir Fatima onder die lig paal staan met 'n ander manetjie.
Ek steek my effens weg
"Aangesien jy nie reg is vir 'n verhouding of om Pa te speel nie gaan die Kind Brendon sin wees!!" Maak sy haarself duidelik aan die ourige manetjie wat ek nie mooi kan sien nie.

"As jy dit so verkies bokkie" Antwoord hy haar terug.

"En die is onse geheim as jy by enige iemand die nuus verkondig dat ek jou Kind dra gaan ek daai video op sociale media versprei"  Fatima is al te kwaai

"Ons mos 'n deal solank ek nie betrokke is met child support en so aan is jou geheim veilig jy hoef nie daai video te leak nie" Die vreemde outjie klink effens bang vir haar.

Vrek Stefan was reg daai is nie my kind nie maar hoe bewys ek dit nou?

Word vervolg

Stille WaterWhere stories live. Discover now