Hoofstuk 8

53 3 0
                                    

Stille Water

Hoofstuk 8

Die lewe is soms onregverdig; mens bevind jou in situasies waaroor jy geen beheer het nie. Ek moes van beter weet ek moes my hormone intoom gehou het. Maar nee ek het nie.

Die dag het stadig geloop , ek kon nie fokus in die klas nie my gedagtes was net op Fatima en die nonsies wat ek aangevang het, wat van sy is rerig swanger. Ek is nie gereed om 'n pa te word nie.
Daar is so baie wat ek nog wil doen varsity toe gaan en klomp ander dinge, 'n kind sal alles net kompliseer.

"Awe neef. Wat is jy vandag so stil"

"My bru ek het gisteraand 'n ane dinge gedala, nou regret ek dit. "

Dit was 'n periode voor pouse en Meneer Witbooi was nie in die klas almal het gepraat en dit was net 'n helse geraas.

"Wat het jy gedala neef?."

" ek ... ek Fatima."

Dit was al wat uitgekom het, op hierdie staduim kon ek nie glo wat ek gedoen het.

"Praat my bru , Jy weet ek sal niemand sê."

"Ek en sy het seks gehad!"

"Damn! Bra jy laat mos nie op jou wag julle sien mekaar net 2 dae! Neh hondchas ek het groot respect vir jou! Life my bru"

Dus nie iets waaroor ek trots is nie, maar Greg maak 'n big deal van die.

"Jiss neef en ons nie eens protection gebruik nie. "

"Woah! Was julle so honger dat julle nie eens gedink het?."

"Damn! Dit was rerig iets wat vinnig en onbeplan gebeur het. So daar was nie nog tyd nie."

"Jy moet maar bid alles is oraait. Want Anty Erin gaan nie nog lag met jou as jy 'n kibo(kind) huistoe bring."

"Nai my bru ek glo darem nie daai sal gebeur nie, Fatima sal mos nie wil somer swanger raak haar image is mos vrek belangrik."

Die dragon lady is instaat tot alles toe, sy sal nie eens skaam kry om haar pensie hier rond te dra op die skool gronde nie, maar hy is reg Erin maak my vrek as ek 'n swanger vrou huistoe bring.

Ons twee het nog gesels toe kom Meneer Witbooi in en almal is somer doodstil.

"VANDAG GAAN JULLE BRUIN VELLE vir ou "rooi jan" mooi leer ken!"

Rooi jan is die meneer se wapen 'n plank waarmee hy ons elke keer discipline.

Almal begin smeek sodat hy ons nie kan slaan nie want die plank maak vrek seer.

Die RCL's van die klas is net so stupid niemand het name geskryf nie so almal moet nou pak kry selfs die onskuldiges.
Ons almal moes buk vir ons geluk 🤣

Word vervolg....

Stille WaterOnde as histórias ganham vida. Descobre agora