Hoofstuk 1

214 9 5
                                    

Stille Water
Deur Jay

Dit voel asof die lug besig is om uit my longe te verdwyn. Die woorde wil nie uit my mond kom nie. Hoe sal jy voel as jy 'n geheim jare en jare saam met jou dra?

Hier sit ek eenkant en verlate in my kamer al plek waar ek veilig voel, die lewe het verander of moet ek sê ek het verander.
Hoe verlang ek nou na my kinder dae ek was vryloos genadeloos. Geen sorge al wat ek kon doen was hardloop lag en speel. En ek en my kinder vriende kon speel ons het nie eers aandag gegee aan ons basiese benodighede nie. Die lewe was soos 'n sondag skool lied.
Hoe wens ek , ek was daardie kind wat van niks geweet het nie.
Normale ouers, normale lewe maar ongelikug
werk die lewe mos nie altyd so.

Ek moes op 'n jong ouderdom afskeid neem van die mees belangrikste mens in my lewe. My held. Die man wat elke aand van die werk afgekom het en ek vreesloos in sy arms spring. En of hy moeg was na 'n lang dag steeds "wegkruipetjie" saam my gespeel het. Hoe wens ek , ek kon vandag die woord "Daddy" weer kan sê.

Daddy was weg en ek en Mammie was aleen. Skierlik moes sy die rol van daddy ook vertolk. Dis nie altyd maklik om 'n enkel ouer te wees nie, maar sy het haar beste probeer.
Vir my was dit asof Daddy by die werk was, en elke middag het ek gesit en wag.

Soos tyd verloop het, het ek vergeet daar het so 'n persoon bestaan. Daar was wel die photo's wat my elke dag herinder het.

Ek wens steeds hy was vandag hier, vir 'n seun om sonder 'n pa groot te word is torture.
Ek wonder steeds as hy hier was sou hy trots op my was?
Sou hy aanvaar het dat ek gay is?
Of sou hy skaam wees?

Dus my geheim wat ek rond dra. En ek worstel nog elke dag hoe ek hierdie vir my MA gaan vertel. Ek weet al ek is "Anders" vandat ek 16 jaar oud was, ek het agter gekom ek kyk na ander seuns soos ander seuns na meisies kyk. Ek het tussen my neefs groot geraak en ek was soos hulle. Ek was rof soos hulle. Maar op 16 het ek besef ek is niks soos hulle nie.

"Brandon! Brandon!"

My gedagtes word onderbreuk deur 'n klop aan my kamer deur. Ek staan op en maak die deur oop.
Daar staan my Mammie met 'n cigarette in haar hand.

"Wat soek Mammie?"
Sy gee my een kyk.
"Kom uit hierdie bedompige kamer, Greg soek jou"
Greg is my neef en ons albei is 18 jaar oud en in dieselfde klas.

"Hy kan mos inkom Mammie!"

"Ek vetrou nie teenagers in hul kamers aleen nie.. julle jonges van vandag kyk mos kaal vrouens op julle phones"

"Arg jirrri Mammie ek en Greg wil ons taak klaar maak. En Mammie se man speel alwee musiek in die sit kamer"

My stiefpa het in ons lewe gekom toe ek 10 jaar oud was. Hy is 'n gemors uit en in.

"Vader julle kinders het geen respek nie nuh?? Dus fine julle kan hier in die kamer julle taak doen maar die deur bly oop"

Ek het net my kop geskud om aan te dui dat dit reg is. Want sy verdink ons alwee en dus nogal dink ons sal pornografie kyk.

"Awe awe masekind!"
Kom my neef my kamer binne.
My neef is nes ek baie still en gefocus op sy skool werk maar wat verskil is hy is 'n sports man en is altyd by een of ander sokker wedstryd. En duidelik ons sexuality.

"Awe cuz(neef)"

"Wat sit jy alwee hierso droog Brandon? Op hou muis neste kwyk in jou kop! My bru Wie is die cherry(meisie)? "

"Nah cuz jy weet dan as ek 'n cherry gehad het sou jy heel eerste geweet het! So hoe ver is jy met die besigheidstudie taak?"

Ek probeer vinnig om die onderwerp te verander. Dus nie die eerste keer wat iemand wil weet wie hierdie "meisie" is wat ek so heeltyd aan dink. As hulle maar net wil weet ek dink maar net baie oor die lewe.

Niemand ken my geheim nie. Almal dink net ek sal die regte meisie op die regte tyd ontmoet.
Dit was altyd maklik om die sin " ek is nog te klein vir sulke goed(meisies) " te gebruik. Maar hoe ouer mens raak kan jy nie vir altyd daardie sin gebruik nie.

En so het ek en Greg aan ons taak gewerk deur al die lawaai wat my stiefpa gemaak het.

Word vervolg

Stille WaterWhere stories live. Discover now