Hoofstuk 41

35 1 0
                                    

DAYNE 
Deur Jay

Hoofstuk 41 (Finale Hoofstuk)

Die dag het aangebreek Dayne was op sy senuwees want dit voel vir hom soos die dag wat hy moes hof toe gaan. Sy hart klop vinnig vir cole se part.

“Chill bra D wat ook al gebeur vandag moet gebeur.”

“ja maar weet jy hoe aklig is tronk? Jirri ons kry droë brood en swart koffie en dan is die brood nog dikwels bruin brood ook dit is om jou brek te maak.”

Cole gee ‘n nerves laggie af “Arg nee man , maar jy het dit surive so natuurlik sal ek ook.”

Die twee sit in die kar voor die hof.

“Jy was so sag is vrek my bru jy Sali daar binne survive”

“Oh nou hou jy jou ‘n kool kind omdat jy tronk survive het.”

“Aweh ou toontjie!”

“Mxm vok jou.”

“Kom ons moet ingaan. En onthou jy pleit onskuldig.”
“Ja prokureur Dayne, my prokureur het tien keer oor daardie element gegaan van self-defence ek wil eerlik waar net vandag agter die rug kry.”

Die twee is toe in die verhoor het amptelik begin en Cole bevind hom in die skuldige bank terwyl Dayne tussen die toe skouers sit.

Die staat het eers sy saak voor die prosecutor afgelê hoekom hulle dink Cole skuldig is aan moord. En toe het Cole se prokureur kans gekry om die element van Self-defence op te bring en al die faktore wat in Cole se guns tel voor te lê. 
Die regter het die hof vir paar minute laat verdag sodat hy kan ‘n besluit neem.

“All rise.” Het die polisie beampte se stem weer klank.

Almal het opgestaan en die regter het sy seat ingeneem

“Sal die verdagte asseblief opstaan.”
Cole staan toe. 
En die judge begin al die faktore lees wat hy inageneem het, en dus maak hy sy verdict.
“Jy kry geen tronk straf nie” almal in hof maak ‘n geluid van verligting selfs Cole se Pa wat special uit Durban gekom het vir die gebeure. 
“Maar jy sal moet vir 6 jaar gemeenskap diens doen.”

Cole is gelukkig met die uitspraak en aanvaar dit dadelik.

Die hof het verdag vir paar minute voordat Katy se saak voorkom en almal staan en gesels buite.

“Moet ons bly vir Katy se verdict?” Vra Cole vir Dayne

“Ek mis dit vir niks nie my broe ek wil haar sien, ek voel baie jammer vir haar my bru een ding wat ek geleer het is moet nooit iemand aan die Here oor gee nie want as hy begin slaan dan slaan hy kak seer en sy is stadig maar seker om haar dag te kry.”

“Vrek waar my bru. Gaan ons na Josh se begrafnis toe?”

“Nah ek sien nie kans nie, maar as jy wil gaan dank an jy.”

“ek sal ook maar weg bly.”

“Regso laat ons ingaan”

Skierlik is die hof prop vol vrouens wat vekrag was en nie erinstig opgevat was nie het daar gestaan met plakate met wreede woorde op. Die verkragting storie was mos in elke koerant. 
En toe die polisie Katy in bring maak die vrouens geraas “Is deur slegte goed soos jy wat ons ander nie geglo word nie, ek hoop hulle sluit jou toe en gooi die sleutel ver weg.” Skreeu een van die kleurling meisies in die gehoor.

“ORDE! ORDE!” 
Almal is dadelik stil. 
“Kom toe nou ek wil op alle aanklagte skuldig pleit laat ons net die ding eindig.” Praat Katy

“Stilte Mevrou Baxter , hierdie is my hof en ek sal sê wanneer jy moet praat vir nou moet jy eers stil bly.”

Katy se verhoor het langer geduur omdat twee sielkundiges ook ‘n verslae moes gee oor haar condition.

DAYNEWhere stories live. Discover now