Hoofstuk 36

13 1 0
                                    

DAYNE
Jay 
Hoofstuk 36

“Asseblief moet my nie skiet nie, ek is lief vir die lewe.” Smeek Cole toe hy sien wat Erin sê plan is.

“Hou jou bek.”
Sy druk die sneller maar daar kom geen bullet uit nie, sy druk weer maar niks nie sy kok die gun en lug dit weer na Cole toe sy druk en druk die sneller maar niks kom uit nie.

Is net water wat loop van Cole se broek af hy het homself nat gemaak van geskrikte geit.

“Vervlaks! Wat the hell!”

Sy haal die kosyn uit om te kyk of daar bullets in is maar daar is geen.

“Wie the hell het my Gun gebruik hier was 3 bullets in!”

Sy gooi die gun eenkant en staan dan op en loop nader aan Cole.

“Dit is tyd vir plan B.” sy vat ‘n stuk van die los tou wat langs Cole lê die ander stuk bind sy hande.

Die skok in Cole se oë hy weet presies wat sy nou gaan doen, die pyn van sy geskiete toon is skoon weg so geskrik is hy nou.

Sy vat dan die tou en sit dit om sy nek en sy begin hom wurg.

“URRRGG! Hmmmm asseeebliief!” spartel en smeek Cole.

Katy het uiteindelik arriveer en soos sy by Josh se woonstel optrek gewaar sy haar Ma se kar “Ek moes geweet het ek moes geweet het!!”

Sy klim baie vinnig uit, maar dan onthou sy dat Erin ‘n gun op haar het.

“Dink Katy dink!!!” loop sy op en af in die parking lot en dan sien sy ‘n baksteun.

“Wel dit gaan nie juis help , maar my broer is in gevaar tyd is nie nou aan my kant nie.” 
Sy gaan tel die baksteun op en dan gaan sy vinnig na haar kar om haar foon te kry maar dan besef sy dat Erin nog haar foon het.

“Vervlaks ! hoe op aarde gaan ek nou die polisie in die hande kry.”
Sy het een van twee keuses om in te gaan en haar boetie te red of om polisie toe te ry en dan is dit miskien te laat.

Sy worstel met wat sy gaan doen. “Sy is wel my Ma maar sy sal nie twee keer dink om my ook dood te maak as ek nou daar in storm. Daddy as jy maar net hier was, sou ons nie in die gemors gewas het nie, as jy maar net getrou aan Mammie gewees het sou sy jou nie geskiet het nie”
*******
‘Katy dink terug’

Dit was ‘n laat winter aand en hulle het vir ‘n drive gegaan, haar Ma wou net ry daardie aand sy het ‘n slapende katy in die kar stoel vasgemaak. 
Katy kan nie alles van daai nag onthou nie want sy het wakker geword in die middle van die pad met twee gun shot geluide en twee manne wat probeer onslae raak van die lyk en Erin wat daar staan en glimlag asof niks gebeur het nie. en toe sy gewaar dat Katy wakker is, het sy vinnig na die kar geloop En vir haar ‘n storie vertel. Haar Pa se lyk is tot vandag toe nie gevind nie. En katy dink al die jare wat sy gesien het was maar net ‘n droom , sy het al familie lede vertel maar omdat sy 6 jaar was het niemand haar geglo nie hulle het net gedink Fred het wegehardloop van sy probleme. En Erin het gesorg dat geen familielid polisie toe gaan om ‘n vermiste persoon aan te kla nie. sy het al die jare haar spore goed toe gemaak.
********
“VANDAG STOP ALLES!!! EK HET GENOEG GEHAD!” 
Alles wat haar Ma gedoen het , het begin in haar kop afspeel en dus storm sy die trappe op met die baksteun in haar hand.

**** 
Dayne het lank en hard gedink, oor die hele brief wat Derek geskryf het.

Toe Derek en Bobo terug keer wee thy nie hoe om te reageer nie. Derek kan sien dat hy die brief gelees het. Die feit dat hy nie die brief opgeskeur het nie gee vir Derek hoop.

Maar Dayne praat nie ‘n woord nie.

“Is jy nxa bra D?” vra bobo toe hy sien Dayne lê doodstil en kyk die muur sonder enige oog knip.

Dayne antwoord nogsteeds nie .

“Nog in pyn?” vra Derek.

“Vatsek is nie jou besigheid of ek in pyn is of nie “

Dayne se stilte verander vinnig in woede.

“Dayne my bru respek jou toppie, hy vra maar slegs.” Maak bobo ‘n opmerking van die eenkant af.

“Is deur hom wat ek gesteek is.”

Derek gaan maar stadig na sy bed toe sonder ‘n woord.

“Hier gaan ons alweer skuld gevoelens, naai my bru het ons dan nie nou die dag gepraat oor forgiveness?”

“Bobo my bru ek is nie in die mood vir motivational talks nie!”

Bobo wil nog praat maar Dayne staan riet reg op om sy sin veder klaar te maak.

“Ek is ‘n bleddie goeie persoon my hele bleddie lewe lank, my vokken hele lewe lank en wat kry ek in return? Ek kry honde kak in return!!! Ek word tronk toe gestuur vir iets wat ek nooit sal doen nie , ek word soos shit behandel ek word deur lectures verlei omdat e keen bleddie fout gemaak het. Ek cover vir my Bra wat pille steel ek is te vokken goed vir die wêreld en nou word daar verwag ek moet my Ma se moordenaar sommer net so vergewe!! Ek is fedup!!!!! Tiger moes my somer vrek gemaak het miskien sou die lewe ‘n donderse beter plek sonder my wees!!! “

Dayne is rooi van woede dat sy aare uitstaan. Dit blyk hy wil huil maar daar is geen trane wat sy gesig verlaat nie.

Bobo staan dan nader om hom vas te druk maar hy stoot vir bobo laat hy val.

“Bra D kalmeer!”

Die trane rol van Derek se oë af.

“Moet nie vir my sê ek moet ‘kalmeer’ nie moet nie! Ek wonder sou jy dieselfde sê Meneer ‘die Here is goed! Twak!! As hy so goed was hoekom laat hy ek deur dinge gaan wat seer maak? “

Bobo weet nie wat om te sê nie en staan stadig op en draai sy rug op Dayne wat nou so te kere gaan.

“Ja loop vokken lê, jy het skierlik nie vandag smart antwoorde nie!”

Bobo is steeds stil, hy weet dat dayne nie homself is nie en vinnig tot sy sinne sal kom .

“Seun as dit die brief is wat jou so omkrap, ek is jammer maar elke woord daarin is die waarheid!”

“Die waarheid???” 
Hy stap nader aan Derek en gryp hom aan sy dun nek.

“Kom ek wys jou die waarheid!!!” 
Word vervolg 

DAYNEWhere stories live. Discover now