Hoofstuk 12

28 2 1
                                    

DAYNE

Deur Jay

Hoofstuk 12

“My bru ek dog jy sê is ‘n braai ek sien net rook en alcohol” Maak Cole ‘n opmerking die sekonde toe hulle hul voete op josh se buurman se eiendom sit.

“Chill bra vanaand wys ek jou hoe word dit gelewe”
Versker Dayne vir Cole.

Die is die einste buurman wat Josh voor pille steel hy is 'n drug dealer.

Josh is in die huis terwyl Cole en Dayne buite staan saam met ‘n klomp ander mense.

  Josh kom uit met twee zolle.

Hulle vind toe ‘n spot in die yard om te sit.

Die lekkerte het net begin, Cole wou eers nie ‘n skyf vang nie maar nadat beide Dayne en Josh opgedruk het, het hy ook maar voort gegaan.

Dit was sy eerste keer en nes dayne sien hy al die wonderlike goed. En vir die ander twee is hy nou die graap.

“My naam is Cole , my Ma noem my Coletjie, ek het ‘n korrel koppie”
Cole het nou vir hulle ‘n toneelstuk opgevoer.

“Dit rhyme nogals brother Cole” vaal ‘n lagende Josh uit.

“Dit doen hou so aan my bru” chorus Dayne.

“Ek kan nie my gesig voel nie” kerm Cole

“Moet nie uit freak nie ek gaan kry vir ons Shots my bru dan sal jy jou gesig voel”
Josh is  vinnig in om vir hulle vodka te gaan kry.
Dayne lê soos hy lag “wat het gebeur bra ek dog jy sal nooit”

“Never say never van Justin Bieber” antwoord Cole terug.

“Ek hou van die Cole.” Lewer Dayne komentaar.

“Jy sê altyd mens lewe net eenkeer, vanaand is die erinstige Cole by die huis ek is Coletjie!”

Dayne vrek soos hy lag want die ou is nou omtrent los gelaat.
Josh kom terug met ‘n bottle Russian bear en ‘n bottle sprite en drie plastiek glasies.

“Kom ouens ek is terug”

Hy skink dan vir elkeen ‘n lekker shot.
“Kom net een sluk” hy deel vir elkeen ‘n glas uit en tel  tot drie en al drie van hulle sluk die shot soos niks.

“Damn daai brand heavy met die afgaan.” Trek Cole ‘n gesig.

“Moet my nie sê is die bra se eerste kuier? Dayne?”

“Dit is sowaar hierdie man het nog nooit alcohol of dagga oor sy lippe gehad nie.”

“Nee, nee dan moet ons nog twee skoon shots vat om sy kuier virgin te breek”

Josh is ‘n man van sy woord en dit maak hy seker dat hulle die twee skoon shots vat.

“Vrek hoe gaan ons woonstel toe, ek kan nie in so ‘n condition bestuur nie”

Josh verseker hulle dan “Arg nee man ouens , julle kan oorslaap by my ek verwag nie julle moet in sulke toestand ry nie. Een op die bank en een kan die bed met my deel”

“Ek deel nie ‘n bed met ‘n ander man nie” kerm Dayne.

“Ek ook nie ek slaap op die bank!” lewer ‘n dronk en high Cole ook komentaar.

“Wat sal ek tog maak? Ek doen nie dudes unless een van julle ? “

Albei antwoord gelyk “Nie een van ons nie!”

“Nou dan gaan julle maar my bed deel en ek sal maar die bank vat aangesien julle so ongemaklik is om met my te slaap”

“Nee bra ons is reg Cole sal die couch vat ek sal maar agter jou rug lê”

“Daar is nie fout nie bra” lag Josh

Die kuier het aangegaan tot middernag toe en toe hulle moes opstaan om te loop, slaan Cole soos ‘n bees neer. Dit het beide Dayne en Josh gevat om hom op te tel en om na Josh se plek te lei.

Een arm om Dayne een arm om Josh.

“Dus nou wat alcohol doen bra is jy okay?” wil Dayne weet.

Cole kan skaars ‘n woord uit kry. Toe hulle binne Josh se plekkie is en hy die lig aan sit kom hulle agter dat Cole se lip bloei.

Dayne freak dadelik uit. “Cole is jy oraait? Cole?”

“Wag kom ons sit hom op die bank”

Dayne het voor Cole gesit ook maar lekker dronk  en smeek dat Cole hom moet vergewe want dus sy skuld dat Cole so lyk. Terwyl Josh na die badkamer toe gegaan het om ‘n nat waslap te kry.

“Hy het op sy mond geval, niks major Bra D relax , sy lip is net stukkend”

Josh moet maar vir Dayne bedaar want die skuld gevoelens is nou kwaai erg en nou speel dronkenskap ook nog ‘n rol.
Josh kon die bloed stop met die nat waslap. Cole is in sy eie wêreld sy oë is oop maar geen woord kom uit sy mond uit.

“O Vader is hy nie besig om hories te kry nie?”
Vra Dayne vir Josh.

“Nee ek sou weet , ons sou weet ons doen mos hierdie goed. Hy moet nou net slaap hy sal reg is moreoggend”

Hulle lê vir Cole op die bank neer en die tweetjies loop, sleep voet na Josh se kamer albei gooi hulle full kit op die bed en snork laat die dak lug.

Word vervolg.

Is Cole alright🙈🙈🙈🙈 kom vind môreaand uit. Geniet julle nog die storie so ver? Want julle is te stil. Maak geraas ini comment section😂

DAYNEWhere stories live. Discover now