Hooftuk 22

19 1 0
                                    

DAYNE

Deur Jay
Hoofstuk 22

Die gesprek tussen Dayne en die staats prokureur het vinnig ‘n klimaks bereik.

“Ek weier om skuldig te plea terwyl ek onskuldig is. Vok!! Dan kan ek myself maar verdedig.”
Dayne vererg hom vir die prokureur.
“Okay dan Meneer Matthews , ek respekteer jou wense sterkte met jou hof saak.”
Die prokureur pak dan sy tassie en verdwyn dan.

Dayne dink aan wat hy nou kan doen, hy het letterlik nie ‘n geldtjie op sy naam om ‘n prokureur aan te stel nie maar skuldig sal hy nie plea nie.
Dan kry hy ‘n plan in sy kop.

Hy vra dan die polisie beampte of hy ‘n oproep kan maak, die polisie beampte stem in dat hy maar ‘n oproep kan maak.

“Hello, saam wie praat ek nou? “ Antwoord ‘n dame die foon aan die anderkant.

“Prof Lara, dit is ek Dayne.”

“Dayne hoekom bel jy met ‘n polisiestassie nommer is jy in die moeilikheid?”

“Ja Prof kan U dalk net ‘n draai maak by Parkweg Polisiestassie? Ek moet jou dringend sien asseblief ek is desperaat.”

“Okay gee my net paar minute Matthews.” Sy druk die foon neer.

Die polisie beampte lei Dayne na sy sel terug. Maar hierdie keer is dit leeg want Bobo is hof toe.

Prof Lara het paar minute na Dayne se oproep opgedag en hy was weer loop haal.

Sy het daar gesit in die wag kamer rustig, sy het by die polisie uitgewis hoekom Dayne aresteer was.

“Dankie dat jy gekom het .”

“Ek het nie heeldag tyd nie Dayne ek het ‘n klas oor ‘n uur so praat.”

“Ek het ‘n prokureur nodig en jy is al persoon wat kan help asseblief.”

“Jy het iemand verkrag Dayne. En nou verwag jy ek moet vir jou ‘n duur prokureur kry. Wat is fout met die staats prokureurs?”

Dayne sig hy wil haar nie dreig nie maar hy moet nou net, dit is al manier hoe hy gaan kry wat hy soek.

“Hulle wil hê ek moet skuldig pleit omdat die bewyse wat die staat teen my het baie krag dra. Maar ek is onskuldig Prof glo my. En ek is seker U man sal baie bly wees om die nuus te hoor van ek en U. Ek wil nie praat van die raad van die universiteit nie, ek is seker hulle sal dit geniet om te hoor hoe Prof punte verniet gee om onskuldige studente te verlei.”
Vertel Dayne haar met ‘n smirk op sy gesig, heel onskuldig.

Prof Lara wil amper ‘n aar bars “Jy sal dit nie doen nie manetjie want dan is jou loopbaan daarmee heen.”

“Wel ek het niks om te verloor nie ek is klaar hier in die aklige plek, jy aan die anderkant gaan jou mediese lisensie en boonop jou werk verloor en dan moet jy nog skei papiere teken.”

“Okay dan ek sal paar oproepe maak” sy is rooi van kwaadheid sy staan dan op en loop.

“Bye Prof lekker klas gee.” Maak Dayne ‘n sarkastiese opmerking.
Die dag het geloop en niemand het eers weer vir Dayne kom besoek nie, hy het daar in ‘n lëe sel gesit. Cole het nie terug gekom om hom uit te bail soos hy belowe het nie.

*******
Die volgende oggend vroeg het die Polisie beampte hom kom besoek om hom te laat weet dat iemand sy borg tog betaal het.
“Dankie Here U is altyd met my.” Dit is al woorde wat uit sy mond gekom het voordat hy opgestaan het en die polisie beampte agter volg.

Cole het hom uit gebail.

“Dankie Bra Cole” Dayne gee vir Cole sommer ‘n drukkie van blydskap.

“Dayne ek het ongelukig nie goeie nuus vir jou vandag nie.” Cole se stem verander van blydskap na hartseer.
“Wat is dit Cole?” vra Dayne met bekommernis in sy stem

“Kom ons gaan klim eers in die kar voordat ek jou kan vertel.”

Die twee is uit by die polisiestasie. Om die son weer te kan sien voel vir Dayne asemrowend , dit was net ‘n naweek maar dit voel soos ‘n ewigheid dat hy in die hel van ‘n plek was.

Toe hulle in Cole se kar is kyk Cole vir Dayne en die woorde kom swaar uit sy mond uit.

“Jou Ma....”

“Wat van haar? Het sy toe kom kuier?”
“Nee sy kon nie”

“Hoekom nie?”

“Nee Bra D, umm ….jou sister het gisteraand gebel, om te laat weet sy is nie meer met ons nie.”

“Jy bedoel? Afgesterwe?????”

“Ja Dayne ek is so jammer.”

Dayne kan dit nie glo nie sy oë skiet dadelik vol trane.
“Maar hoe Cole? Sy het dan geen siektes gehad nie.”

“Sy is vermoor, deur jou Pa. Saterdag aand.”

“VOK!!!! Vok!! Ek maak daai ding met my eie hande vrek.”
Dit voel asof iemand Dayne se hart uit sy borskas geruk het.
Hy klim uit Cole se kar om asem te skep. Hy is kwaad en hartseer terselfde tyd.
Hy sak net daar langs die kar deur neer en huil.

Cole moes maar uitklim en hom probeer troos. Hy slaan sy vuiste teen die grond met geweld sodat net bloed kan loop.

“Wag Dayne kom klim in laat ons huistoe gaan.”

“IS DEUR MY COLE AS EK NIE WEG GEGAAN HET NIE SOU SY NOG LEWE!!” kerm Dayne deur al die pyn en woede.

Cole lug hom dan stadig maar seker van die grond op deur sy hande om sy lyf te sit.

“Jy moet gaan bath en dan  slaap dan sal ons die res uit figure.”

Cole het dit reg gekry om Dayne in die kar te kry. Dit maak hom seer om sy vriend in sulke toestand te sien. En dan is daar nog ‘n hof saak wat voorlê.

‘Here gee vir Dayne krag maak hom sterk Here.’ Sê Cole in sy binneste soos hy terug na die woonstel bestuur. 

Word vervolg.

DAYNEWhere stories live. Discover now