Die Man Wat Ek Liefhet

23 0 0
                                    

Hierdie is die man wie ek liefhet.
Hierdie is die rede hoekom.

Dis die manier wat hy loop,
So 'n eerlike loop,
'n Loop wat hom as man, as Afrikaner definieer.

Dis die manier wat hy lag,
Die manier wat hy sy kop agtertoe gooi,
Die manier wat dit my skud tot in my diepste wese in.

Dis sy bruin oë, bruin hare en blas bel.
Dis sy groot bou,
Dis sy kaalvoet manier van wees.
Dis die manier wat hy praat,
Sy eerlikheid, sy grappe,
Die tye wat hy ernstig is.

Dis die manier wat hy my soen,
Sy passie, sy dryf,
Asof hy my oor en oor probeer bewys,
"Ek is lief vir jou", "ek is lief vir jou"

Meer as enigiets dis die manier wat hy my liefhet.
'n Liefde wat tyd nie kan omkoop nie,
Wat God self instel vir 'n man en 'n vrou,
'n Dryfveer van ewigheid.

Ek kan probeer alles opnoem,
Miskien eendag, 'n ander gedig,
Maar vandag sluit ek af.

Hierdie, is die man wat ek liefhet.
Hierdie is hoekom.
Hierdie is sy goeie en sleg,
Hierdie is sy perfeksie.

05/05/2018

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now