Oppad Terug

0 0 0
                                    

Aan Vincent

Dis 3 uur, ek dink,
Op 'n Sondag middag in jou silwer kar.
Spoegwolf is hard besig om te speel op jou kar radio,
En ons albei sing sagies saam.
Ons is oppad terug Randfontein toe,
En ek voel 'n gedig in die mooiste van ons oomblikke.

Die wêreld is klein, dink ek,
Maar tog groot,
En die tyd is min,
Tog baie.

"What are the odds that someone like you,
Could find someone like me?"

Tog is ons hier,
In jou silwer kar,
Jou hand op my been terwyl jy bestuur met een hand.

Wanneer jy vir my kyk sien ek elke lig,
Wat ek nog nooit kon sien in my donkerte nie,
Ek sien die son breek oor die horison na 24 jaar van wag,
En wonder.

Jy spot miskien,
Maar ek dink jy is die mooiste mens
Wat ek nog ooit gesien het.
As ek ophou staar,
Dink ek, ek sal myself nooit kan vergewe nie.

Nog net 'n bietjie,
Maar tog is die klok besig om vinniger te slaan,
En ek weet die tyd kom vinnig,
Ons "hallo" was dan nounet,
Nou is dit weer totsiens.

2022/11/20

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now