'n Ewigheid Klink Te Kort

47 1 3
                                    

En ek sal dans in die storms saam U,
Sal die wêreld heeltemal agterlaat.
Ek sal al my besittings gee,
Nie net 'n deel, o Heer.
Nie net omdat ek nie wil gestraf word nie,
Maar omdat my liefde vir U,
So groot is soos die hele hemelruim.

Ek sal U agtervolg soos Maria Magdalena.
Ek sal U voete was en met my hare,
Met my hele wese,
Dit afdroog.

Ek sal elke oomblik opgee,
Vir net een sekonde in U teenwoordigheid.
Elke storm, elke ruk aan my huisie by die see,
Sal net my harder laat glo,
Meer saam U wil wees.

Want, Heer, 'n ewigheid saam U,
Klink baie kort.

28/11/2017

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now