In Jou Vel

0 0 0
                                    

Ek wonder wat dit is om in jou vel te wees,
Om die lewe te hê wat ek nooit kon nie.

Ek wonder hoe dit voel om op ander oewers te staan,
Om fotos te neem in eksotiese plekke,
Om 'n toekoms te hê in 'n plek wat jou dit toelaat.

Ek wonder hoe dit voel om te weet jy sal dit maak,
Om nie elke dag in angs deur te bring nie,
Om geleentheid te hê om altyd te verander.

Ek wonder,
Maar tog, in my vel,
Bly ek.

2022/11/11

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now