In 'n Woonstel By 'n Watertoring

0 0 0
                                    

Aan my verloofde, Vincent

Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.

Aan my verloofde, Vincent

Ons lewe het vinnig en ordentlik gekom,
Jy het my gevat op 'n date by 'n restaurant,
Ons het gepraat soos twee lank verlate vriende,
Ek het geglimlag en my beste vriendin gebel,
Toe die sterre geskitter en geweef het.
"Daar is iets spesiaal" het ek gesê,
En geweet niks sal ooit dieselfde wees nie.

Ek het tevore geskryf vir baie,
Maar jy is die enigste een wat die toets van tyd gestaan het,
Met jou skaterlag en groen-bruin oë.

Jy het gekom en my hart in 'n lood gevoerde boks gebêre,
En nou luister ons Spoegwolf in die kar oppad na jou woonstel toe.
In die nag ure lyk die watertoring so onbegryplik.

Ons is 'n klein kombuis in 'n groot wêreld,
Maar ek sal hier bly,
En vir jou aartappelgêreg bak in jou nuwe oond.

2023/03/22

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now