Die Mooi Vrou Van Lente

0 0 0
                                    

Haar groen is 'n mooi groen, sê die wind deur haar blare.
Haar vel behou die sonskyn van duisende jare vergete,
Haar oë behou 'n miljoen storms.

Haar mooi is miskien 'n perfeksie,
Maar een kyk in haar rigting vertel die storie,
Van al die wêreld se seer en tragedie.

Maar iewers in haar behou sy die nog die goeie.

'n Kind se glimlag wanneer hulle die eerste blomme sien,
Die verwonderende staar van 'n jong dame,
Wanneer die blare weer uitkom.

2022/11/09

Die Taal Van My GeboortelandUnde poveștirile trăiesc. Descoperă acum