'n Man Soos Jou Pa

0 0 0
                                    

Aan Heilet, Leonette en Eden

Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.

Aan Heilet, Leonette en Eden

In jou lewe mag jy nooit dankbaar wees hy is  die tenoorgestelde nie,
Mag hy jou nooit laat voel asof jy kon beter doen nie,
Nooit vergelyk,
Mag Sy hande jou sagkuns deur die lewe dra.

Ek wens vir jou iemand wat elke dag vir jou bid,
Wat elke dag jou in die oë kyk en sê "jy sal dit deur die ook maak",
Iemand saam wie jy dans in die strate,
Wat jou leer sokkie,
En jou hart dubbeltyd laat klop.

Mag jy eendag sê "ek soek iemand soos my pa",
En mag jy dit kry, liefling.

Daar is 'n stryd gewees wat geworstel was lank voor jou tyd.
Twee sterk vroue het dit geveg,
Sodat jy kan 'n toekoms sien,
Op jou troudag in sy arms.

Daai dag hoop ek jy kan terugkyk na ons,
Trane in ons oë,
En die dankbaarheid sien in ons harte,
Geskrewe oor ons gesigte deur die lang jare.

2022/12/18

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Jun 20, 2023 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now