Tussendeur Die Note

5 0 0
                                    

Aan H

Tussen die groen gras van jou lente,
Het ek die toekoms gesien.
Dit het gelyk soos blou lug,
En 'n bloekomboom gemaak uit die versreëls van my lewe.

In die musiek van jou stem,
Het ek tussen die note gekyk,
En my hart het oopgelê voor jou soos
die blaaie van my Bybel.

Daar het ek God gevra
Om jou hand altyd vas te hou,
In die lang advontuur van hierdie lewe.

In die mooi en gebroke pad,
Het ek die harde realiteit in die gesig gekyk,
En vir eens dit agter my gesit.

Ek het my gebede soos rook laat opgaan.
Dit het die troonkamer van Yahweh ingegaan,
En daar het Hy jou gesien,
En vir my,
En gehoor.

2022/08/23

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now