Meeste Van Die Tyd

0 0 0
                                    

Aan Vincent

Meeste van die tyd kan ek vergeet,
Ek kan teruggaan in my blou verlede,
En jou geel nie daar sien nie.

Maar vanaand, in die blou pers lug,
Is daar 'n skaduwee wat ek nie kan ignoreer nie,
'n Kolletjie lig wat die donker wegwaai,
En meeste van die tyd kan ek bly wees hy's daar,
Maar nie vanaand nie.

Vanaand mis ek jou vlam rooi hare,
En die oë wat na my kyk asof ek 'n skildery is,
Geverf met 'n Oog wat regdeur jou kan sien.

Dis nog net 'n klein rukkie, sê jy,
Maar vir die wat 'n ewigheid gewag het,
Is dit tyd verlore aan die see se blou brekende branders.
Ek sien dit elke dag,
Maar sê niks.

Ek sien 'n toekoms, vertel ek,
Maar die ewigheid moet eers wag,
Hy is opgesluit in die spasie van 'n paar weke,
Ingetuimel met die strand se stille swyende sand.

2022/12/22

Die Taal Van My GeboortelandDove le storie prendono vita. Scoprilo ora