In Die Koue Somersaand

0 0 0
                                    

Aan Vincent

Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.

Aan Vincent

Die aand toe ek jou ontmoet,
Het die sterre geskree oor ons toekoms,
'n Getekende prentjie,
'n Gevormde beeld.

In die koue somersaand,
Het ek my gunsteling geel serp gedra,
Gearmd met my versigtige hart,
Soveel kere tevore gebreek.
Maar jy het my in jou sagte arms gevat,
En my porselein stukkies bymekaar gehou,
Terwyl hulle stuk-stuk op die vloer geval het.

Oor vyf maande trou ons, herhinner ek jou,
Jy is opgewonde.
Dit het net 24 jaar en 3 maande gevat,
Maar ons lewe sal so begin.
Met jou glimlag,
En my versigtige hart.

2023/02/22

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now