Onder Die Perskeboom Van Eden

1 0 0
                                    

In die vrede van Sy lig,
Daar wens ek om weer te wandel,
Met my voete op die groen gras van Sy paradys.

Daar waar die mens eens was,
Waar Adam sy eerste asemteug geneem het,
En opgekyk het in die glans van Sy heiligheid.

Daar in die tuin,
Onder die soet perskeboom van Eden,
Wil ek wandel saam my Bruidegom,
Soos Eva in haar skoonheid.

Voor die sleg,
Voor die skaduwee oor die land geval het,
Wil ek teruggaan,
En daar,
Sien,
Daar wag Hy.

2022/11/07

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now