Die woud jaag my!

43 1 0
                                    


Deure klap toe, mense om my woer en skielik is dit donker....

Ek word wakker, my sig is onduidelik, ek probeer op my voete kom net om uit te vind ek is te lomp om te kan staan. Die verlede, onduidelik en dan sien ek dit, ek is in n woud gegooi soos n vergete flennielap.

Dis herfs binne my, al die onsekerheid. Ek voel soos die blare wat die bome afgooi, die blare wat nie weet wat hulle verkeerd gedoen het nie. Die Kosmos wat verlep net omdat hy in sommer ontkiem het...en die vaal winter bestrom my soos n luiperd sy prooi.

Ek weet nie waar ek is of wie my hierheen gebring het nie. Die trop olifante beweeg nader. Ek onthou die vreemdeling se gesig, my ma se sagte stem. Die donker kruip om my in. Die olifante hardloop. Adrenalien beweeg deur my are en my hart klop vinniger. Terugflitse van die verlede speel af soos die hekse uit sprokiesprente agter my ooglede af.

Ek voel die winter, vaal en deurmekaar, koue rillings deur my lyf. My kaal voete is blou van die nat blare waarop ek staan. Die Kosmos is dood en die beer het gaan slaap, die bome is kaal. Kaal en bloodgestel aan al die gevare. Ek voel kaal. Terugflitse probeer my herinner, maar al wat ek sien is bome en die spoke se skaduwees. Ek begin saam die olifante hardloop. My voete is seer van al die dorings, al die dorings in my gedagtes. Hoe het dit gebeur? Ek was by die huis en toe word ek wakker tussen die bome wat vir my lag, hulle is tog die enigestes wat weet wat wegkruip in die nag.

My ma se stem, so sag, maar die vreemdeling praat hard. Sy woorde bots met myne en die volgende oomblik was my ma die beeste wat uit die slagpale kom. Die olifante gaan staan stil. Alles raak duidelik. Hulle het my in die woud kom ingooi, ek is die vergete flennielap waarmee hulle die bloed vanaf hulle skoene gevee het. My ma se laaste woorde was onduidelik.

REaliteit tref my, net dood die luperd wat sy prooi gulsig opskeer. Ek is die stokkies onder die olifante se reusige pote. Die skaduwees sal my verewig jaag deur die lang nagte van die woud terwyl die bome nooit sal ophou lag, verdwaal.

Ek is die woud se prooi.

Ek is die woud se prooi

Hoppla! Dieses Bild entspricht nicht unseren inhaltlichen Richtlinien. Um mit dem Veröffentlichen fortfahren zu können, entferne es bitte oder lade ein anderes Bild hoch.
Die Woud Jaag My!Wo Geschichten leben. Entdecke jetzt