Hoofstuk 11

14 0 0
                                    

Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 11
Mildred het die ander laat weet van die familie meeting wat Daisy geroep het.
Nie almal was behep dat sy ewe skierlik vir hulle wil aanspreek nie.
Daisy het in die kar gesit en wag vir Mildred om haar skool toe te vat.
'Jy is baie snaaks vandat jy uit gevind het jy het alles van jou Ma gekry' Dus 'n boodskap wat van Dario afkom.
'Hoe is ek snaaks? Verduidelik asseblief vir my?' Stuur Daisy terug na hom.

Mildred klim dan in "Is my prinses reg vir die dag?"
"Maar natuurlik my Aunt Mil.." Gaan Daisy effens sarkasties voort want sy is nie gewoond Aunt Mill noem haar 'prinses'

Mildred trek weg.
Daisy se foon maak weer 'n geluid
'Jy wil ewe skierlik nie meer saam ons ry net omdat my Pa gesê het jy moet betaal en boonop drop jy die foon in my oor ek weet nie meer wie jy is nie' Dit is weer 'n boodskap van Dario af.
Daisy sig al te kwaai soos sy die boodskap lees.
"En wat sig jy so ? jy nervous oor vanmiddag se family meeting?" Vra Mildred.

"Nee Aunt Mill dus somer net Dario wat voel ek het verander ek weet skaars 'n dag ek besit alles en die hele wêreld maak asof ek verander het..." Gaan Daisy mismoedig voort.

"Ek stem saam met daai klong jy het verander , ek ken jou nie so nie jou eie Aunty moet self petrol in gooi om jou huistoe te ry... en boonop moet ek nog help met grosaries baie unfair ek het ook 'n lewe buite julle drama" Gaan Mildred voort.

Daisy sit en smile terwyl sy voor haar kyk sy het nie vir Mildred terug geantwoord nie ook nie reply op Dario se boodskap nie.

Hulle hou voor die skool stil.
"Ons sien dan mekaar vanmiddag Aunt Mill maak asseblief seker almal is teenwoordig..." sy klim uit die kar.

"Ek maak so jou klein Madampie!" Skreeu Mildred soos sy wegtrek.

'Geniet jou dag met jou Ben 10' Wil Daisy sê maar die woorde kan net nie haar mond verlaat sy het groot respek vir haar Auntie.

Soos sy instap by die skool hek sien sy Janelle en Dario gesels al te lekker albei lag soos hulle met mekaar praat.
Dit is bietjie vreemd vir Daisy want Janelle en Dario is nie eers so close nie.
Sy stap dan nader
"More vriendin, More Dario! Gaan darem lekker" Gaan Daisy voort.

Hulle albei groet haar.
"Janelle kan ek saam Daisy gou aleen praat?"

"Maar natuurlik... Geluk vriendin ek hoor jy  het alles gekry.."

Daisy staan en smile net soos Janelle wegloop sy het nie eers dankie of iets gesê vir Janelle se opmerking.

"Wat is jou probleem huh?" Gaan Dario ewe kwaai voort.

"Jy is die een met 'n probleem... Ek het skaars gerf en jy is op my case? Ek ken jou mos nie so nie my lief.." Gaan Daisy kalm voort.

"Jy het verander ek maak net 'n voorstel en jy drop die foon in my oor jy moet sien hoe teleurgesteld is my Pa hy het jou nog die heeltyd skool toe gery."

"Jou Pa het my net gister skool toe gery en ek nie gevra julle het self aangebied ek kon vir Edwin gevra het om my af te kom laai het gister maar julle het aangebied en ons het 'n kar en Aunt Mildred gaan my elke dag skool toe bring sonder dat ek 'n sent moet betaal... jou voorstel was belaglik ek het skaars geld nou op my en ek kan nie links en regs my Ma se geld spandeer nie" Gaan Daisy weerheens kalm voort.

"Vok jou dan!" Gaan Dario voort terwyl hy wegloop.

Die trane begin te stroom van Daisy se oë "Dario!!! Dario!!" Skreeu sy maar hy loop net aan.

Sy los haar sak dan voor die klas en hardloop na die badkamer.
Sy het net op die toilet gaan sit en letterlik inmekaar gesak en begin huil.
'Ek kan nie meer nie, my Ma het 'n helse burden op my gelaat eers my familie en nou my boyfriend wie is volgende?? En alles oor geld... dit maak seer diep seer... Ek is lief Dario hy is my eerste...' Daisy snik huil.
Die klok lui en sy vee vinnig haar trane af en hardloop klas toe.

Word vervolg

Comment , like, share.

Swart RoosDär berättelser lever. Upptäck nu