Hoofstuk 64

14 0 0
                                    



Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 64

"Voor ons vir Magretta goed uitsit baby kan ons eers by KFC stop toe ek lus odentlike kos" Gaan Mildred voort.

Kevin kyk vir Mildred met groot oë aan
"Naai man Mammie is nie erinstig nie kyk hoe lyk Mammie se hare wil Mammie rerig nou so lyk in die publiek? Naai man mammie " Gaan Kevin voort.

" So nou kry jy skaam vir my??? Die is mos hoe ek rerig lyk as jy lief is vir my sal jy nie skaam wees vir my nie die is mos die real ek sonder 'n pryk en sonder make up " Gaan Mildred kwaai voort.

"Ek verstaan vir Mammie maar kan ons nie maar drive thru doen Mammie weet tog ek is lief vir Mammie nes Mammie lyk maar jinne die tronk darem vir Mammie 'n ander tipe Le... ek meen mooi gemaak"

Mildred kyk vir Kevin "Nou maar toe kom ons doen drive thru dan gaan sit en eet ons in die kar by 'n park of iets "

"Nou praat Mamzo" smile Kevin.

****

Dennis het nie by die huis geslaap hy het by Kola geslaap hy parkeer die kar en klim stadig maar seker uit nogsteeds bang vir Dario hy loop huiwerig na die deur toe.

Magretta maak die deur wild oop "Waar was jy weer loop en dowel seker weer ons laaste sente uit oooo ek haat die dag toe ek trou"

"Jirri Magretta jy is nie eers bly jy sien jou man nie is dit hoe ek gegroet word?"

"Jy hardloop mos vir ons kind weg glads die mense loop en vertel hy is 'n zombie???" Skel Magretta al aan.

Dario kom die kombuis binne Dennis se oë rek behoorlik "Jy staan net daar onheilige demone! Ek glo nie vir Kola ook nie vir jou nie die paramedics het die kind dood voor my oë verklaar die is 'n skeem van julle om van my onslae te raak Magretta het jy en Kola na 'n sangoma gegaan en my kind 'n zombie gemaak??? Sodat jy uit die tronk kan kom en die polis gelde kan vreet??? Julle vrou mense is gevaarlik" Dennis staan verklaar naby die deur reg om te hardloop.

"Pa dit is ek werklik!" Gaan Dario voort hy staan maar doodstil langs sy Ma dink ook maar nie om naby te beweeg aan sy Pa.

"Dennis!! Is jy gesyp???? Ek is nie so evil kan nie glo jy dink dit van my nie ek my kind seer gemaak om jou te red hy sou jou doodslaan tog nog dink jy dit as ek wou polis geld gehad het sou ek mos laat Dario jou daai aand vrek gemaak het" skel Magretta .

Dennis se oë is net gevestig op Dario en toe Dario nader beweeg om Dennis te verseker hy lewe rerig slaan Dennis soos 'n kudu neer op die grond in 'n floute.

******

Daisy en Maggie sit vroeg more aan tafel met 'n lys voor hulle met alles wat gedoen moet word vir Katinka se begrafnis hulle moet die huis reg maak.

"Genoeg van die .... Hoe voel jy na gisteraand?" Vra Maggie.

"Eerlikwaar ek weet nie hoe om te voel hulle het goeie intensies is net daardie heilige Ouma van my sy is team too much vir my lewe sy wil rerig nie baba stappies vat nie maar wat sal ek sê ek dink nogals dus kwaai van haar om te wys dat ek haar bloed is" glimlag Daisy so bietjie.

"Eish solank jy nie vir my vergeet nie"

"Aww Maggie maar ek sal mos nie jy bly altyd my groot sis niemand kan my liefde vir jou wegneem nie al is Andrea en Edwin ook wie hulle is ek bly lief vir hulle julle was my familie vir 18 jaar... Ek en jy gaan nog 'n lang pad saam loop" Gaan Daisy voort.

Maggie staan dan op en gee Daisy 'n drukkie.

"Lief jou ook Daisy pop" Gaan Maggie voort.

"Ek moet nog later vandag na Dario hulle huis gaan aih sal jy saam met my gaan?"

"Maar natuurlik! Kyk hier ek gaan nou kom ek wil gou vir SABC nuus haar bak wegvat sy mos gisteraand vir my vetkoek gebring " Gaan Maggie voort.

"Was sy dan hier gewees?" Vra Daisy moedeloos.

"Sy was hier maar moet nie bekommerd wees ek haar uitgesit voor sy nog kon nuus hoor "

"Dankie ek kan nie nog met dit deal as die nuus in die straat rond lê is genoeg as Mildred my Ma is "

"Presies maar laat ek gou gaan". Maggie vat dan die leë bak en loop om na Aunt Tietie se huis.

Vanessa Aunt Tietie se dogter staan in die hek.

"Aih Maggie jy lyk goed ek soek ook wat jy gebruik het om gewig te verloor" Gaan Vanessa voort.

"Is reeds van weet nou wil jy sarkasties wees" gaan Maggie saggies onderlangs voort.

"Wat sê jy?" Vra Vanessa

"Arg nee man wou net hoor waar is jou Ma wou net haar bak terug bring"

"Oh nee sy sit daarbinne met 'n asthma pompie van gisteraand af sit en spuit haarself behoorlik"

"Van wanneer af het Aunt Tietie asthma?" Vra Maggie verbasend

"Dus my oorlede Pa se pompie ek weet nie wat haar makeer maar jy kan maar inkom sy kan skaars praat" Gaan Vanessa voort soos sy die hek oop maak vir Maggie.

Maggie los dan vir Vanessa by die hek en is in na die huis.

Toe sy ook die kombuis ingaan sien sy hoe pomp Aunt Tietie die pompie.

"Aunt Tietie ek die bak gebring ek hoor Vanessa sê my Auntie voel nie lekker wat pla??? Benoudheid? Dalk die rook van die brand wat Andrea gestig het sien ek 'n fried chicken en nou is Aunt Tietie 'n gansie" gaan Maggie so klein bietjie sarkasties voort.

"Nee jinne kind is nie die rook nie is Katinka!" Gaan Aunt Tietie benoud voort.

"Wat???" Vra Maggie al te nuuskierig terwyl sy sit.

"Luister , luister nadat jy my uitgesit het is ek om die draai na Daisy se kamer venster om te luister " gaan Tietie voort en sy spyt daai pomp.

"Ek moes geweet het dinge die laaik my auntie maar gaan voort"

"Daar gekom hoor ek hoe Daisy vra die mense moet sitkamer toe, ek loop nog so mooi om die huis na die sitkamer venster en toe en toe....." sy spyt weer die pomp.

"En toe wat??"

"Gewaar ek vir Katinka... " gaan Aunt Tietie benoud voort.

"Wat?? Haar spook??" Maggie hou haar hand voor haar bors.

"Haar spook ... Toe sal sy vir my sê ek moet ophou dinge laaiks jirri toe maak ek laat ek hardloop ek nie eers julle hek gebruik ek het oor die draad gespring die Here aleen weet hoe dink ek my slipper en een roller daar agter gelaat maar Ek nie die hek gebruik nie ek weet sowaar nie hoe ek oor die draad gekom het nie maar ek hierdie ou meit ek het oor die draad na my plek gekom" Aunt Tietie se oë is groot in haar kop.

Maggie probeer hard om nie te lag nie "Dit kom nou van 'ek het oë om te sien 'n mond om te praat en öre om te luister' toe wat sien die oë? Hier getuig die mond nou"

"Mxm.... gaan soek liewer my slipper voor ek jou veder brand " Aunt Tietie haal behoorlik asem.

"Ja loop en jaag nog nuus Katinka jou net reg gemaak" Gaan Maggie voort.

"Uit my huis uit jy verkleur manetjie gaan soek my slipper en roller ek sit nie meer my poot uit die huis uit nie" Gaan Aunt Tietie kwaai voort.

Maggie verlaat Aunt Tietie se huis dik van die lag.

"Wil mos jou voete asval loop agter 'n storie al is dit nag nou moet julle maar sulke dinge oorkom" loop en lag Maggie aleen soos sy om loop.

Word vervolg

Comment , like ,  share

Swart RoosDonde viven las historias. Descúbrelo ahora