"Wat soek jy, Albert?"

"Ek wou net hoor of jy okay is."

"Okay is? Nou maar goed. Kom ek sê jou of ek okay is. Jy het my in 'n openbare plek, onverwags gesoen. Jy het vir Dylan agter my gesien en my tóé gesoen. Nou is hy woedend vir mý en praat hy glad nie met my nie. So nee, ek is nie okay nie. Nog iets?" Daar is geen emosie in my stem oor nie.

"Marlie, ek's jammer. Ek weet nie wat my besiel het nie. Ek het nie gedink-"

"Nee, Albert. Dis juis die punt. Jy het glad nie gedink nie."

"My punt is dat jy 'n great girl is en ek het my kans gewaag. Dylan het altyd van jou as 'n sussie gepraat, so ek het net aangeneem dat julle net vriende is. Ek was duidelik verkeerd, want jy hou van hom en hy is nog maller oor jou."

"Nee, hy is nie."

"Ja, Marlie. Hy is. En dis my skuld dat dit nou is soos dit is. Ek sal dit regmaak."

"Los dit net, asseblief. Jy het genoeg gedoen."

"Ek wil regmaak wat ek opgemors het."

"Albert, as hy nie kan sien dat dit nie my skuld was nie dan gaan dit niks help nie. Dit wys net vir my wat hy werklik van my dink. Los dit net heeltemal uit. Ek moet gaan. Baai." Ek druk dood en knip die druppels in my oë weg.

My ma gee my 'n bekommerd kyk. "Ai, my kind."

"Ek's okay. Moet nie oor my worry nie." Ons stop voor die skool se groen hek en ek spring vinnig uit, bang dat ek heeltemal sal knak onder my emosies.

"Hi, Marlie- Marlie, is jy okay? Dit lyk asof jy 'n spook gesien het." Ek knik net my kop en skuif langs hulle in.

Uit die hoek van my oog sien ek hoe hulle na mekaar kyk vir antwoorde en ek besluit om dit ook te ignoreer soos baie goed in my lewe op die oomblik.

"Li?"

"Ek's okay, okay. Ek wens net almal kan my net uitlos sodat ek op my eie stupid stil manier met my lewe kan cope!" ontplof ek. "'Skies. Dit was onnodig van my."

Hulle ruil weee kyke onder mekaar uut en dan kyk almal weer na my. "Li, jy gaan moet praat."

Ek antwoord nie, staar net na my hande. Megan vat my selfoon uit my sak en gaan deur met my kode. "Wat doen jy?"

"As jy nie vir ons gaan vertel wat gaan aan nie, gaan ek self uitvind."

"Jy gaan absoluut niks op my foon kry nie."

"Dalk nie, maar ek weet van iemand wat sal weet."

"Kan julle my nie net uitlos nie! Gee my foon terug." Ek wip om my foon in die hande te kry, maar Megan koes weg.

"Nee! Ek het jou al sien deur slegte tye gaan, maar so sleg het jy nog nooit gelyk nie. Of jy vertel ons of ek bel."

"Bel wie?"

"Dylan of Jessica."

"Nee! Asseblief moet nie! Jy kan enige iets doen maar moet asseblief net nie hom bel nie."

"Dan bel ek Jessica." Ek wou nog keer, maar toe is my foon teen haar oor.

"Nee."

"Hi, Jessica. Dis Megan hier. Hoorie-" die res van die gesprek hoor ek nie. Ek gaan lê op my arms en sny die wêreld rondom my uit. Ek knip my trane weg so veel as wat ek kan.

"Li?" hoor ek Kimi se stem na 'n hele ruk. Ek sit regop en snuif. "Ons is so jammer. As ons-"

"Assbelief moet nie. Die laaste ding wat ek nou nodig het is julle wat my jammer kry. Kan ons dit net nou los. Dit maak nie saak nie."

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now