> > > 9 < < <

106 4 0
                                    

"Marlie... Hallo... Kom terug aarde toe."

"Askies wat?"

"Wat gaan aan met jou deesdae? Jy verdwyn gedurig. Ek sou sê dis die verliefdheid, maar jy lyk nie juis gelukkig vir my nie."

"Ek is nie verlief nie en niks is fout nie." Ek weet nie wie ek die meeste probeer oortuig nie. My vriendinne wat bekommerd na my staar of myself.

"Marlie, jy moet met ons praat. Ons kan nie help as ons nie weet wat gaan aan nie. Genoeg is genoeg. Dit kan nie meer so aangaan nie. Dit gaan al amper twee weke so aan."

"Julle gaan met niks kan help nie. Daar is niks om mee te help nie, in elk geval. So los my asseblief nou net uit."

"Nee!" roep Megan uit. "Dis klaar. Jy kan nie so aangaan nie. Toe, ons wag." Sy kruis haar arms voor haar bors en kyk streng na my.

"Julle is welkom om te sit en wag." Ek staan op en loop na die naaste badkamer.

Ek weet dis kinderagtig, maar ek gaan nie myself meer blootstel aan situasies soos die nie. Ek gaan nie weer teenoor iemand oopmaak van dit wat binne in my aangaan nie. Niemand verstaan dit nie en ek gaan dit nie aan hulle probeer verduidelik nie. En hulle hoef buitendien nie te weet van wat daardie aand tussen my en Dylan gebeur het nie.

Ek mis hulle. Hulle altwee. Ek mis my niggie se lag en haar simpel grappies. Ons simpel idees en ons simpel geselsies.

Ek mis sy glimlag, sy oë en sy stem. Die manier hoe hy na my omsien en hoe hy dinge en sy mense hanteer. Die manier hoe hy my maag laat draai en hoe sy oë ophelder wanneer die kanse kom.

Die klok lui en ek verdaag na my volgende klasse. Soos die afgelope tyd kry ek geensins gekonsentreer nie.

Die klok lui uiteindelik om die einde van die dag aan te kondig. Dit kon nie vinniger gekom het nie. Ek jaag na my ma se kar toe en maak die deur agter my toe.

"Middag-" Sy bly stil en ek kyk op na my ma.

"Ma?"

"Marlie, is jy okay? Is jy siek?" Sy begin aan my gesig voel en ek stoot haar hande van my af weg.

"Ek's fine. Asseblief moet Ma net nie ook aan my karring nie."

"As dit is hoe dit is." Ek vra nie uit oor wat dit veronderstel is om te beteken nie. Ek sit net en kyk by die venster uit.

My ma draai regs af in plaas daarvan om links te draai na ons huis toe. Ek sit skielik regop. "Waarheen is ons op pad?" My ma antwoord nie.

Oomblikke later stop ons voor bekende groen hekke en ek trek my asem skerp in. "Wat maak ons hier?"

Weereens kry ek 'n koue skouer. Daar trek rillings deur my lyf. Ek kan nie asem haal nie en my hart klop al hoe vinniger. My polse sweet en ek vee hulle aan my rompie af. Dit verg baie energie om myself te keer om nie by die kar uit te spring en om so ver weg as wat ek kan weg te hol nie.

"Kom," is al wat my ma sê toe sy voor die huis parkeer en uit die kar klim. Ek sluk toe ek ook uitklim en agter haar aanloop.

Die hout voordeur vlieg oop en my hart gaan staan. "My magtig, sien ek reg?"

Haar oë spyker in my in en ek weet nie waarheen om te verdwyn nie. Ek's lus en huil net hier, maar na die afgelope paar weke het my trane opgedroog.

Die vrou sluit die veiligheidshek oop en tree by die trappie af. Ek kon nie gou genoeg weghol nie. My bene wil nie meer met my kop kommunikeer nie.

Voor ek weer kan sien word ek in haar arms ingetrek en haar arms val om my liggaam. "My kind, jy weet nie hoe bly is ek dat ek jou kan sien nie. Ek het jou so vreeslik baie gemis." Sy druk my al hoe stuiwer vas.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now