> > > 14 < < <

95 4 1
                                    

"Is jy seker jy sal okay wees?" vra Jessica toe ons voor my huis stop.

"Jes, ek is jammer. Ek kan nie meer kwaad wees vir jou nie al wil ek. Dit was verskriklik om so ver van jou af te wees."

"Nee, Li. Ek's jammer. Ek was daardie dag verkeerd. Ek gaan eerlik met jou wees. Ek was so jaloers op jou. Jy kry dit altyd so maklik reg om mense te kry om van jou te hou. Ek meen almal hou van jou. Ek kan verstaan hoekom, want jy is net amazing van binne en buite. Jy verstaan mense en hoe hulle werk. Ek wens ek kan soos jy wees."

"Jes, jy hoef nie glad nie jaloers op my te wees nie. Glo my. My lewe is alles behalwe maanskyn en rose."

"Dit kan seker nie waar wees nie. Jy is mal oor Dylan en Dylan is mal oor jou. Ek kon dit nou die dag sien toe julle op pad uit was."

"Nee, hy is nie. En as hy dalk 'n bietjie van my gehou het is dit nou verby. Finaal verby. Hy haat my nou. Ek het so erg opgemors. As ek net-"

"Stop net daar. Van wat jy my vertel het, het jy niks verkeerd gedoen nie."

"Maar as ek net nie vir Albert ja gesê het nie."

"Marlie, hou nou op. Dit was nie jou skuld nie."

"Maar-"

"Nee!"

"Maar-"

"Stop. Dit. Nou. Ek's nou klaar gepraat. Maar gaan niks help nie. Gaan tap nou vir jou 'n warm bad en ontspan. Ek bel jou oor 'n uur en 'n half dan beter jy in jou nagklere wees en met 'n koppie koffie in die hand sit. Toe, jy beter roer want as ek bel soek ek bewyse dat jy als gedoen het."

"Dankie weereens, Jes."

"Ja, toe. Weg is jy." Ek soen haar op haar wang en gaan die huis binne.

In my badkamer draai ek die bad se krane oop en kyk vir myself in die spieël.

Ek lyk aaklig.

Swart lyne hardloop oor my gesig, wat rooi en opgepof is. Ek kyk na my lippe. Die lippe wat 'n ruk gelede kontak gemaak het met...

Ew, nee. Ek sit tandepasta op my tandeborsel en begin om my tande te skrop. Nie net een keer nie, maar seker vyf keer. Ek moet seker maak dat enige... Wel, enige iets van hom nie agter bly nie. Ek wil niks van daardie soen oor hê nie. Dis net die skuldgevoelens wat ek nie sal kan afwas nie

Tog is Jessica reg. Dit was nie my skuld nie. Ek het geen intensies gehad nie. Ook geen verwagtinge nie. En as Dylan dit nie verstaan nie, dan is dit nou maar so.

-

Ek druk my foon vir die soveelste keer dood. "Wie soek jou so dringend?" vra my ma. Sy gee my 'n vraende kyk vanaf agter die stuurwiel uit.

"Dis Albert."

"Hoekom antwoord jy nie die kind nie?"

"Ek het niks om vir hom te sê nie." My foon begin weer histeries gil.

"Marlie, antwoord hom tog nou net. Na wat nou die aand gebeur het moet jy tog met hom praat, al luister jy ook net na wat hy te sê het."

Ek staar 'n paar sekondes om te kyk of hy nie self gaan dooddruk nie, maar dit gebeur nie vinnig nie.

"Hi," antwoord ek uiteindelik.

"Marlie! Dankie tog jy het geantwoord. Ek was bekommerd oor jou."

"Ek is groot genoeg, ek kan na myself kyk," antwoord ek nors, wat veroorsaak dat my ma my aangluur.

"Ek weet, maar jy was my verantwoordelikheid nou die aand en jy het net verdwyn. Hulle wou my ook nie by die hek inlaat nie en jy het ook nie jou foon geantwoord nie."

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now