> > > 5 < < <

100 8 0
                                    

Ek draai om in my bed en sug. My foon vibreer aanhoudend langs my kop. Gefrustreerd druk ek dit weereens dood sonder om te kyk wie dit is.

Ek lê weer terug en staar na die dak. Sekondes later begin my foon weer lui. Woedend tel ek my foon op en sit regop.

"Wat!" gil ek half op die persoon wat my bel.

"Jammer."

"Dylan?"

"Ja, dis ek. Wie anders?"

"Jammer, dit was onnodig van my." Ek vryf oor my gesig en blaas stadig my asem uit.

"Hoe gaan dit met jou?" Hy klink werklik besorgd oor my.

"Behalwe vir die feit dat ek vir die res van my lewe in my bed wil wegkruip, baie goed. Dankie."

"Marlie." Sy stem is die keer ernstig.

"Ek sal okay wees, ek wil net vir 'n tydjie hier lê en myself jammer kry. Dan voor ek weer sien dan was alles net 'n droom en sal ek wakker word."

"Dis nie 'n baie goeie oplossing vir wat gebeur het nie, weet jy?"

"Wel, ek kan nie aan ander opsies dink nie, so dis wat ek nou gaan doen."

"Marlie, gaan stort en trek aan. Ek kry jou oor 'n halfuur."

"Wat? Nee."

"Ek het jou nie gevra nie, Blondie. Kry jouself op en maak klaar."

"Maar-"

"Niks maars nie. Moet nie dat ek daar kom en jy is nie reg nie."

"Dylan-"

"Sien oor 'n halfuur." Die lyn gaan dood en ek staar na die skerm. Wat op aarde? Hy gaan my kom haal. Wat gaan ons doen? Wat voer hy in die mou?

Vinnig vee ek my oog oor die gemisde oproepe wat op my foon staan. Agt was van Dylan, twee van Megan en drie van Jessica. Gmf sy gaan harder as dit moet probeer.

Ek spring vinnig deur die stort en was vinnig my lyf en hare. Ek werk teen dubbel spoed. Hoekom 'n halfuur? Weet hy dan nie dat n meisie langer as dertig minute nodig het nie.

Nie dat ek regtig omgee op die oomblik nie. Ek trek net 'n paar skipants aan, met 'n gedrukte t-hemp waarop 'Whatever' staan. Dis presies hoe ek op die oomblik voel.

Ek blaas my hare droog en sit net 'n lagie mascara op my wimpers. Dis nou niks indrukwekkends nie, maar dis nou maar so.

"Marlie!" roep my ma van onder af. Ek draf by die trappe af en kry Dylan en my ma by die voordeur.

"Haai," groet ek en glimlag vir hom.

"Ek het nie geweet julle het 'n afspraak nie," sê Ma.

"Ja, ek ook nie." Ek kyk na Dylan en hy draai weer na my ma toe.

"Gee tannie om as ek haar steel vir die dag?"

"Natuurlik gee ek nie om nie. Ek dink sy het 'n wegbreek nodig. Dankie." My ma glimlag breed van hom na my. "Gedra julle net, hoor."

"Ma!"

"Wat? Mens weet nooit wat julle kan aanvang nie."

"Okay, dis genoeg." Ek loop verby haar en trek Dylan by die deur uit.

"Geniet dit!" roep sy agter ons aan en ek rol net my oë.

"Um," sê Dylan en ek draai na hom toe. Hy beduie met sy kop na ons hande. Ek stop in my spore toe ek sien hoe ons hande inmekaar gevleg is. Ek kan nie wegkyk nie. Hoe het ek nie besef dit is so nie? Ek kan ook nie die feit ignoreer hoe ons hande perfek in mekaar pas nie. Die puzzle is voltooi. My hart slaan wild bollemakisies hier in my borskas.

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now