> > > 2 < < <

176 5 1
                                    

Ek loop in die gang af na waar ek die stemme hoor. Die mans het besig geraak met die vuur en vleis. Ek besluit maar om my onder hulle voete uit te verwyder.

Ek stop toe ek my naam hoor van binne die kombuis af. "En Marlie? Wat is haar planne vir die toekoms?"

Dis my ma wat vir Tannie Samantha antwoord, "Sy wil Kommunikasie bestuur volgende jaar gaan studeer. Die aansoeke maak volgende week oop en van daar af sal ons maar sien wat gaan vir wat."

"Dis 'n baie goeie rigting om in te gaan. Daar is soveel geleenthede deesdas en dit kan 'n groot verskeidenheid deure vir haar oopmaak."

"Ja, dit kan beslis." Ek glimlag vir die gesprek tussen die twee vroumense. Ek verstaan nou hoekom hulle altyd sê dat vroumense al te lekker kan skinder.

"Enige kêrels waarvan julle weet?"

"Oh nee, glad nie waarvan ons weet nie, maar jy weet hoe is ons. In ons oë is daar net een seun saam wie ons haar kan sien. Ek weet nie of ons dit ook gaan regkry nie, want die twee is maar op hulle eie twee aparte planete."

"Ja nee, kyk. Ek kan nie uitmaak wat daar aangaan nie. Dalk moet ek en jy iets probeer uitwerk vir die twee." En dis waar ek die streep trek.

Ek loop in die kombuis in en die vrouens lyk verskrik vir 'n oomblik voordat hulle altwee vir my glimlag. Asof ek van niks moet weet nie. Ek moet myself net keer of ek rol my oë reg voor hulle. "Kan ek help met iets?" vra ek heel onskuldig. Ek gaan my nie aan hulle skinderstories steur nie. Ek weet nie waarvan hulle presies gepraat het nie, maar ek gaan beslis nie my hart daaroor breek nie. Hoe minder ek weet, hoe beter...

Ek kan my eie liefdeslewe onder beheer hou. Ek het nie hulle hulp daarmee nodig nie. "Oh, ja asseblief. As jy ons dalk kan help om die slaai voor te berei sal ek dit waardeer, skat."

Ek knik en loop na die yskas toe. "Wat sit ek in, Tannie?"

"Die tamaties is daar onder, saam met die blaarslaai, kaas, olywe en komkommer. Dit behoort alles saam daar te wees. Kyk maar wat jy nog daar binne kan uitgrawe. Die mes en bak is hierso." Ek kry al die bestandele bymekaar en haal die houtbord van die muur af, wat daarteen hang.

Ek begin werskaf om die slaai aanmekaar te slaan, terwyl die vroumense aangaan oor een of ander situasie waaroor ek lankal nie meer by is nie.

"Njum, dit lyk lekker." 'n Sterk hand reik uit na die bak en my eerste instink is om die hand weg te klap. "Eina! Ek wou net proe!" Hy vryf sy hand en trek vir my 'n gesig.

"Moet nie met jou vuil hande in my slaai krap nie."

"Was dit nou letterlik of figuurlik bedoel?"

"Letterlik, Dylan. Los my slaai uit. As jy dalk jou steenkool hande gaan was het en dalk mooi gevra het sou ek dit dalk oorweeg het om vir jou 'n stukkie te sny." Dadelik draai hy om na die wasbak agter hom en vryf seep tussen sy hande in.

Ongemerk sien ek hoe die vrouens aan mekaar stamp en iets met hul oë ruil wat net hulle sal kan verstaan. Ek rol my oë uiteindelik regtig vererg en toe ek weer sien staan Dylan reg langs my met sy simpel glimlag.

"Marlie?"

"Dylan." Boots ek hom na sonder om na hom te kyk. Ek plaas my volle aandag op die bak slaai voor my. Of ek probeer tenminste. My hele lyf is bewus van sy liggaam langs myne.

"Marlie, kan ek groot, soos regtig groot, asseblief net 'n klein, baie klein, dit hoef nie so groot te wees nie, stukkie proe?"

"Dylan, jy gaan harder as dit moet probeer."

"Marlie Maria Magtelena Brink-"

"Dis nie my name nie."

"Ek weet, dis net vir die effek, okay?" Ek bars uit van die lag, maar hy bly aangaan. "Kan ek asseblief vir jou vra om vir my 'n blokkie kasie te sny? Niemand kan 'n blokkie so mooi soos jy sny nie."

Jare se verwonderingWhere stories live. Discover now