Liefdes Brief

85 2 0
                                    

Ek skryf vir jou 'n liefdes brief
Sommer hier in my wiskunde boek.

'n Brief wat handel oor die
Rym en ritme van ons liefde,
Alom versier met pen-blommetjies.

'n Brief met 'n punch line, soos:
My liefde vir jou is meer as al die sterre!!! <3

'n Brief wat jou hart sal laat klop,
Veral as jy lees en onthou van die
Soen lesse agter die skool pawiljoen.

Ek skryf vir jou 'n liefdes brief
Sommer hier in my wiskunde boek,

Net om te sê ek het jou lief.

S.M

Joernaal Van 'n Gebroke SielWhere stories live. Discover now