1. Stilte

227 14 2
                                    

My hande gly oor die leë spasie
Wat jy by my gelos het.
Jy het gesê my siel is te besig,
My siel is nog te rou vir jou.

Maar min het jy geweet dat
Jy my besige siel stiller gemaak het,
En dat my liefde so sterk was, dit
Het selfs my verstand te bowe gegaan.

Maar nou is jy weg, en ek is alleen gelos
In die stille alles wat ons saam gebou het.
Jy hou mos van stilte?

S.M

Joernaal Van 'n Gebroke SielWhere stories live. Discover now