Kanker

156 12 2
                                    

vir Pieter. || 8.02.16

Jy het so hard geveg
Teen die rooi euwel wat
Dag na dag jou glimlag wou steel.

Kaalkop het jy kom kuier,
Want hier is waar jy hoort;
Weg van die stink-skoon reuk van hospitaal.

So jonk, en vol lewens lus,
al is jou asem kort en jou gesiggie
Is effens vaal, sê jy dankie.

Dankie dat ons jou ondersteun.
Dankie vir liefde.
Dankie vir aanvaarding.

Maar vandag het jy jou engel vlerke
gesprei, en jou kop saggies in die
lyding vrye wolke gaan rus.

Ons gaan jou mis.
Stuur groete vir Pappa.

S.M

Joernaal Van 'n Gebroke SielWhere stories live. Discover now