My Eie Self.

126 12 2
                                    

Sonder jou arms wat my omvou;
Is daar die ewige knaende
waarheid wat ek moet onthou.

Vir jou om lief te wees vir my
Kon ek nie my plein ou self bly,
O nee.

Maar jy sien- my plein ou self
Was vir iemand selfs beter as
Bloed diamante, nuut uitgedelf.

My punt is, ek hoef nie te verander nie.
Nie vir jou, vir hom, of vir haar nie.
My eie self, is beslis my mooiste self.

-S.M

Joernaal Van 'n Gebroke SielWhere stories live. Discover now