Visvang...

288 8 3
                                    

Ek en Ralph staan vroeg op om bietjie vis te gaan vang in die see. Ons elkeen vat 'n visstok en prawns as aas.

***

"Ek het een!", skree Ralph, na tien minute wat ons visvang. Hy trek die vis uit tot op die strand. Dis 'n klein kabeljou. Ons sit hom in die cooler en besluit om vir nog so 10 minute te vang dan gaan ons terug vir ontbyt.

***

By die kamp met 'n kabeljou en twee shads gekom kan ek sien my pa-hulle is opgewonde oor ons vangs. Hy sê dat ons vanaand heerlik gaan braai.
Ons maak almal klaar en besluit ons gaan vandag dorp toe om kos te koop vir more se lang pad terug.

***

Almal help spoedig om die bakkies af te pak en dan stap ons oor die duin strand toe en gaan swem om al die onnodige energie af te weer. Ek, Ralph, Marné en Karli geniet die see vir 'n laaste keer, en baljaar tot donker in die water.

***

By die kamp is die ouers reeds besig met die kos. Ons eet vanaand visfillet en aartappelslaai.

***

Die volgende oggend is ons vroeg uit die vere, en nog voor die wekker 7uur kon slaan is die karavaan en die boot gehak en daar gaan ons, oppad huistoe na die vakansie wat vir altyd onthou sal word.

DIE EINDE

Vakansie op sy beste!Where stories live. Discover now