Probleemoplossing.

286 10 2
                                    

Ons het nou 'n "gesteelde" Mahindra en 'n probleem om by die huis uit te kom. Ek stel voor dat ons met die Mahindra terug ry huistoe, en hoop ons word nie gestop nie. My pa sê dat ons na die bakkie toe moet ry en kyk of ons hom nie kan regmaak nie, dit is tog 'n Toyota.

***

Ons kom by die bakkie en sien hy lyk eintlik nog baie goed, dis net die bestuurder se ruit wat gebreek het en twee wiele wat pap is. Ons bel toe die naaste insleep diens, en dit was nie lank nie en daar staan die "load-bed" met die bakkie bo-op. Ons ry met oom André se bakkie agter die trok aan in die dorp in, en stop dan by "Tiger Wheel and Tire" en koop twee nuwe wiele en dan ry ons aan "Glasfit" toe en koop 'n ruit. Ons vat daarna die bakkie na 'n motorwerktuigkundige om net te kyk of ons nog met hom kan ry.

***

Terug by die kamp, bakkie is reg om weer te ry, maar die vakansie het ook nou tot 'n einde gekom met twee dae oor...

Vakansie op sy beste!Where stories live. Discover now