Opsoek na Ralph

191 7 0
                                    

Ek en my pa en oom André, Ralph se pa, besluit ons sal die bestuurder van die kampterrein kontak en hom die nuus gee, en vra dat hy asb sy werkers moet inspan om die ouens te kry.
Ons drie ry na die naaste dorpie toe om die polisie ook in te lig en sommer vir die vulstasie eienaar te sê dat hy ons asseblief moet kontak as hy hierdie seun sien, ons gee vir hom 'n foto saam.
My pa sê toe vir my en Karli ons kan met die bakkie gaan ry deur die grondpaadjies rondom die kampterrein opsoek na Ralph. Dit was nie lank nie toe ons afkom op 'n swart lap wat in die pad lê, ek spring gou uit en kyk wat dit is. Ek sien toe daar lê langs die lap 'n horlosie in die sand en ek weet toe dadelik dis Ralph sin. Ek tel dit versigtig op en sien die stop-horlosie is aan en trek op 03:42, ek kom toe agter dat Ralph seker sy horlosie hier gelos het en hoop ons kry dit. Die stop-horlosie was 'n slim idee, want nou weet ek dat hy nie ver vorentoe is nie. Ek klim vinnig in die bakkie en wys dit vir Karli en ek sê vir haar sy moet my pa bel en vir hom sê waar is ons.

Op hierdie stadium kan Karli al so bietjie karbestuur, so ek sê toe vir haar sy moet hier wag en as ek nie terug is oor 20minute nie dan moet sy kom met die bakkie. Ek kyk toe op my horlosie en sien dis nou 04:54. Ek groet vir Karli met 'n druk en sê vir haar dat sy nie moet bekommer nie ek sal vir Ralph kry.
Ek gryp toe 'n flits wat baie helder skyn, 'n mes, die "tazer" en 'n waterbottel, en daar gaan ek die onbekende in.

Vakansie op sy beste!Where stories live. Discover now