Die begin van 'n Onvergeetlike vakansie.

815 16 3
                                    

"Jakes, word wakker jou pa wil hê jy moet hom help om die karavaan en boot te hak!"
Ag ma dis vakansie, kan ek nie nog bietjie slaap nie?
"Nee, ons wil oor twintig minute ry, en ons moet nog vir Ralph oplaai!" Sê my ma.
Ek kom maar stadig uit die vere en klim deur 'n koue stort om wakker te word.
Ons hak die karavaan en daarna die boot agter die karavaan en daar gaan ons!

***

Terwyl my pa ons staanplek nommer en bewys van betaling bevestig, kyk ek en my vriend Ralph deur al die visse wat hier in die meer gevang kan word, van Perch tot Giant Kingfish!
Ons vorder spoedig met die opslaan van ons kampplek, wat ek glo die mooiste uitsig het en die naaste is aan die pragtige meer.
Nadat ons opgeslaan het, stap ek en Ralph na die staanplek langs die een waar ons karavaan nou staan en slaan ek en hy ons twee se tent op. Ralph se ouers sal eers more hier aankom aangesien my sussie (Marné) en Ralph se sussie (Karli), albei 14 jaar oud, vandag eers nog na 'n partytjie toe gaan.

Dit is besig om donker te word en ek en Ralph help gou, my pa om ons boot in die water te sit en dit dan terug te ry tot regvoor ons staanplek.

Braaivleisie op die vuur en 'n glas vol Fanta Orange, is daar 'n beter manier om die vakansie af te skop?

Vakansie op sy beste!Kde žijí příběhy. Začni objevovat