Jare se verwondering

By Marune1017

1.9K 85 36

Sewentien jaar. Dit hoe lank ek al met die gevoel binne-in my worstel. Die opwinding om na so 'n lang tyd wee... More

> > > 1 < < <
> > > 2 < < <
> > > 3 < < <
> > > 4 < < <
> > > 6 < < <
> > > 7 < < <
> > > 8 < < <
> > > 9 < < <
> > > 10 < < <
> > > 11 < < <
> > > 12 < < <
> > > 13 < < <
> > > 14 < < <
> > > 15 < < <

> > > 5 < < <

100 8 0
By Marune1017

Ek draai om in my bed en sug. My foon vibreer aanhoudend langs my kop. Gefrustreerd druk ek dit weereens dood sonder om te kyk wie dit is.

Ek lê weer terug en staar na die dak. Sekondes later begin my foon weer lui. Woedend tel ek my foon op en sit regop.

"Wat!" gil ek half op die persoon wat my bel.

"Jammer."

"Dylan?"

"Ja, dis ek. Wie anders?"

"Jammer, dit was onnodig van my." Ek vryf oor my gesig en blaas stadig my asem uit.

"Hoe gaan dit met jou?" Hy klink werklik besorgd oor my.

"Behalwe vir die feit dat ek vir die res van my lewe in my bed wil wegkruip, baie goed. Dankie."

"Marlie." Sy stem is die keer ernstig.

"Ek sal okay wees, ek wil net vir 'n tydjie hier lê en myself jammer kry. Dan voor ek weer sien dan was alles net 'n droom en sal ek wakker word."

"Dis nie 'n baie goeie oplossing vir wat gebeur het nie, weet jy?"

"Wel, ek kan nie aan ander opsies dink nie, so dis wat ek nou gaan doen."

"Marlie, gaan stort en trek aan. Ek kry jou oor 'n halfuur."

"Wat? Nee."

"Ek het jou nie gevra nie, Blondie. Kry jouself op en maak klaar."

"Maar-"

"Niks maars nie. Moet nie dat ek daar kom en jy is nie reg nie."

"Dylan-"

"Sien oor 'n halfuur." Die lyn gaan dood en ek staar na die skerm. Wat op aarde? Hy gaan my kom haal. Wat gaan ons doen? Wat voer hy in die mou?

Vinnig vee ek my oog oor die gemisde oproepe wat op my foon staan. Agt was van Dylan, twee van Megan en drie van Jessica. Gmf sy gaan harder as dit moet probeer.

Ek spring vinnig deur die stort en was vinnig my lyf en hare. Ek werk teen dubbel spoed. Hoekom 'n halfuur? Weet hy dan nie dat n meisie langer as dertig minute nodig het nie.

Nie dat ek regtig omgee op die oomblik nie. Ek trek net 'n paar skipants aan, met 'n gedrukte t-hemp waarop 'Whatever' staan. Dis presies hoe ek op die oomblik voel.

Ek blaas my hare droog en sit net 'n lagie mascara op my wimpers. Dis nou niks indrukwekkends nie, maar dis nou maar so.

"Marlie!" roep my ma van onder af. Ek draf by die trappe af en kry Dylan en my ma by die voordeur.

"Haai," groet ek en glimlag vir hom.

"Ek het nie geweet julle het 'n afspraak nie," sê Ma.

"Ja, ek ook nie." Ek kyk na Dylan en hy draai weer na my ma toe.

"Gee tannie om as ek haar steel vir die dag?"

"Natuurlik gee ek nie om nie. Ek dink sy het 'n wegbreek nodig. Dankie." My ma glimlag breed van hom na my. "Gedra julle net, hoor."

"Ma!"

"Wat? Mens weet nooit wat julle kan aanvang nie."

"Okay, dis genoeg." Ek loop verby haar en trek Dylan by die deur uit.

"Geniet dit!" roep sy agter ons aan en ek rol net my oë.

"Um," sê Dylan en ek draai na hom toe. Hy beduie met sy kop na ons hande. Ek stop in my spore toe ek sien hoe ons hande inmekaar gevleg is. Ek kan nie wegkyk nie. Hoe het ek nie besef dit is so nie? Ek kan ook nie die feit ignoreer hoe ons hande perfek in mekaar pas nie. Die puzzle is voltooi. My hart slaan wild bollemakisies hier in my borskas.

Dylan lag hier langs my en sy gesig beweeg nader aan myne. Ons hande skei nog steeds nie van mekaar nie. Wat maak hy? Hy gaan my soen! Net toe sy mond sentimeters van myne af is draai hy sy kop en fluister in my oor: "Ek weet jy hou hiervan, Blondie."

Hy los ons hande en loop na die passasierskant van sy bakkie toe. "Kom jy?" Hy hou die deur vir my oop en kop skuddend klim ek in.

"So waarheen gaan ons?" vra ek toe ons wegtrek.

"Wag en kyk maar." Hy stuur vir my 'n stoute glimlag en kyk dan weer terug na die pad voor ons. Ek sien hoe hy sy een arm op die vensterbank rus en met sy hand die stuurwiel vashou. Sy ander hand rus hy op die ratte. Hy lyk so kalm en in beheer van alles. Hy hoef nie te probeer om iets maklik te laat lyk nie. "Jy staar."

Ek ruk uit my gedagtes, "Wat? Is nie. Ek doen nie."

"Jy doen."

"Is nie, ek- ek dink maar net."

"Oor wat nogals, as ek nou mag vra?"

"Oor... Oor hoe om te bestuur. Jy weet mos ek kan nog nie bestuur nie. Ek het nog nie eens my leerlinglisensie nie en een van die dae kan ek al gaan vir my bestuurders lisensie. Ek gaan met spoed moet begin."

"Genade, vir wat leer jy dan nie?"

"As ek myself kon leer, sou ek."

"Dan is dit uitgesorteer."

"Wat nou?" vra ek deurmekaar.

"Ek gaan jou leer." Ek bars net daar uit van die lag.

"Ja, okay," antwoord ek sarkasties. "Jy gaan my nie kan leer nie."

"Dankie vir daardie vertroue in my, Blondie, maar ja, ek gaan jou leer. Ek het baie ervaring en dit sal 'n leerproses wees vir ons altwee, want eendag gaan ek my broer ook moet leer bestuur. Sien dis 'n wen-wen situasie. Jy leer bestuur en ek leer hoe om ander te leer."

"Ek weet nie so mooi nie, Dylan."

"Ag toe, kom nou. Doen dit vir my, asseblief?" Hy trek sy gesig in 'n smeekende gemors, dat ek weer lag.

"Okay, okay. Ek gee in. Maar moet my nie blameer as ek jou kar stamp nie."

"Ek sal nie en jy sal nie. Okay, ons is hier. Laat ons gaan."

Ek het geen idee waar ons is nie. Al wat ek op die stadium kan sien is bosse en bome  Ons loop tussen die bosse deur op 'n modder pad. "Dylan? Gaan jy my nou net hier vermoor?"

"Nee, man, kom nou net." Ons stap deur die bome wat 'n boog bo-oor ons koppe vou. Die son skyn net-net deur die openings van die blare. Voëls kletter bo ons koppe. "Hierso is ons nou." Hy vat my hande in syne vas en trek my na 'n groot boom toe.

"Wow." Ek los opeens sy hand en gaan vat aan die boom. Sy bas is grof, maar tog sag. Die stam is so breed soos vier mense wat rondom dit kan staan met hul hande vas aan mekaar s'n. Dit moet jare oud wees, dekades. "Dis ongelooflik."

"Dis beter van bo af."

"Wat?" My mond val oop. Wat bedoel hy van bo af?

"Jy het reg gehoor. Hier onder is dit mooi, maar daar bo is dit 'n hele ander storie."

"En hoe moet ons daar bo kom?"

"Klim, natuurlik. Hoe anders?"

"Klim?" vra ek verward.

"Ja, klim. Moet nie maak asof jy dit nog nooit gedoen het nie. Ons het dit baie gedoen toe ons jonger was."

"Ons was kinders."

"Presies. Toe was ons jonk, dom en swak. Wat beteken dat ons dit nou beter kan doen."

"Hoe weet ek nie dat die takke gaan breek nie?" Opwinding begin in my opkruip. Ek was nog altyd reg vir 'n uitdaging. Hoogtes is nie my maatjie nie, maar dit stop my nooit nie. Laat hy vir nou maar dink dat ek skrikkerig is en dan sal ek hom verbaas met wat ek eintlik kan doen.

"As dit my kan hou, dan sal dit jou definitief kan hou."

"Het jy al hier opgeklim?"

"Baie, Blondie. Hierdie is die plek waarheen ek altyd kom as ek my kop wil skoonmaak. Nog al die jare was hierdie my wegkruipplekkie. So jy beter geëerd voel. Niemand weet van die plek nie."

"In daardie geval sien ek jou bo." Ek draai om en begin die takke na bo klim. Gelukkig was ek nie lus vir mooi aantrek nie. Met my sneakers wat mooi elke keer sy plek vastrap en my arms wat my moet optrek, klouter ek die takke uit.

"Haai, Marlie! Jy kan maar stop!" roep Dylan van onder af en ek gaan sit op 'n tak en kyk af grond toe. Genade! Het ek so ver op geklim?

"Gaan jy nou net daar onder staan en vir my kyk of wat?"

"Nee, ek gaan nie klim nie. Ek wou net eintlik kyk of jy dit sou doen. Ek moet sê, ek is beïndruk. Ek het altyd gewonder of jy 'n aap of 'n ninja is. Nou weet ek jy's altwee. Ek het gedink ek sal jou nog hier moet opsleep."

"Jy wens! Kom nou op of ek kom af om jóú hier op te sleep!"

"Okay, okay. Ek kom." Sonder enige moeite begin hy klim. Ek hou hom dop soos elke spier in sy arms saamspan. Mens kan sien dat hy die gereeld doen. Hy weet presies waar om te trap en wanneer om wat te doen. "Daarsy," sê hy toe hy tot langs my wip. "Het jy die uitsig gesien?"

Ek was nog nie bewus van daardie uitsig nie. 'n Ander uitsig het my aandag daarvan afgetrek. Ek kyk na waar hy vir my beduie en my asem word weggeslaan.

"Wow," dis al wat ek kan sê. Hoe het ek dit nie voorheen opgemerk nie?

Voor ons lê daar 'n grasgroen park met talle bome, soos die een waarin ons nou sit, maar wat van hier bo af veel kleiner lyk. In die park is mense wat hulle honde vir stappies vat en ouers wat agter hulle kinders aanhol. Ander kleuters klim en klouer op die klimrame en ander wieg heen-en-weer op die swaaie.

"Dis mooi, nê?"

"Mooi beskryf dit minimalisties," antwoord ek sonder om my oog van die beeld voor my af te haal. "Waar het jy op die plek afgekom?"

"Toe ek klein was het my ouers my altyd na die parkie toe gebring. Ek het 'n vriend wat ook nog al jare saam met my kom. Ons het altyd by die parkie saam gespeel, totdat ons een dag besluit het dat ons nou moeg is vir die parkie. Ons het begin explore en het op die boom afgekom. Ons name is hier ingekerf. Kyk hierso." Hy beduie net bo ons koppe waar daar gegraveer is: Dylan en Henko. "Na al die jare is dit steeds hier." Ek vee met my hand oor die uitgekerfde letters.

"Ja, die was ons ontsnappingsden. Ons kom altyd hierheen as ons vrede wil hê of net om vir 'n rukkie weg te kom van alles en almal af. Dis die beste medisyne om jou kop skoon te kry. Niemand het hiervan geweet nie of was hier toegelaat tot vandag toe nie. Ek gee jou nou toestemming om ons boom te gebruik soos jy wil."

"Ek wil nie inmeng nie, Dylan. Hierdie is julle den."

"Moet nie simpel wees nie. Henko het vier jaar terug na skool gewaai en ek twyfel of hy ooit hierheen terug sal kom. Plus, ek het nou mos vir jou toestemming gegee. Dit raak in elk geval eensaam as 'n mens weet dat sulke ongelooflike plek net deur jou gebruik word."

"Nou maar goed, as dit is wat jy wil hê."

"Dit is wat ek wil hê. Dit sal 'n eer wees om my den aan jou oop te stel." Ek glimlag en knik dan my kop.

"Beteken dit dat my naam ook ingegraveer kan word?" Hy grawe dadelik in sy sak en bring 'n knipmes na vore. Ek gaan eerder nie vra wat hy daarmee in sy broeksak maak nie. Dis seker wat elke boerseun doen. Hulle is mos altyd reg vir enige iets.

Hy trek homself op tot op sy voete en begin op die boom krap met sy mes. Sy tong steek effens uit sy mond soos hy konsentreer. Ek kan nie sien wat hy aanvang nie omdat sy breë skouers my hele visie daarvan blokkeer.

Oomblikke later leun hy effens terug om sy handewerk van verder af te beskou. "Daarsy, net so. Wat dink jy, Blondie?" Hy skuif effens weg en ek kyk vas aan 'n hartjie met ons albei se name in. "En hiermee word jy, Marlie Kruger amptelik deel van die Boom Bende."

"Boom Bende?"

"Ja, ons is die Boom Bende."

"Dit klink baie gevaarlik."

"Ons was sewe jaar oud, okay. Jy kan ons nie blameer nie."

"Ek blameer niemand nie. Dis 'n baie oorspronklike naam," lag ek.

"Ja, spot maar. Die plek is vol wonders. Jy sal nog sien as jy nog nie doen nie." Hy kom sit weer langs my.

"Ek voel dit al klaar. Die plek werk regtig in wonders. Dankie dat jy my deelmaak van die Boom Bende. Dit is 'n eer waarby ek gaan baat. Die plek is ongelooflik."

"Dit is, is dit nie?" Ek knik die keer net vir 'n antwoord. "Die plek is een van die plekke waar ek die gelukkigste is. Ek het nooit gedink dit kan enigsins beter raak hier nie, maar vandag het dit. Dis alles te danke aan jou, Blondie."

Dit is alles te danke aan jou...

Continue Reading

You'll Also Like

10.7K 553 56
[ COMPLETE ] *************** Soalan yang sering bermain di minda Rania Rafesya kini sudah terjawab. Mengapa hatinya semakin membenci lelaki bernama R...
1.9K 85 15
Sewentien jaar. Dit hoe lank ek al met die gevoel binne-in my worstel. Die opwinding om na so 'n lang tyd weer hom te sien maak my opgewonde. Tot ek...
8.7K 749 36
It's story about couples Reyhana & Ahmad. Twisted hearts.
720K 55.9K 81
It is a story about a typical Fulani Muslim girl with a perfect background and up bringing from a very wealthy family, who later meet with a destiny...