HY MET DIE BREI IN SY STEM

By elme_deklerk

276 1 0

Hierdie gedigte is geskryf vir 'n plattelandse boerseun, wat my gewys het hoe dit lyk om "heel" te wees. Sy w... More

Dryfsand
Sterrestelsels wat verstaan
Kleurblind
Kasteel
Kruispad
Genoeg
Jy sal my verlang
Sy naam begin met 'n R
Een
Gesteel

Fenomenaal

6 0 0
By elme_deklerk

Dit is vroeg aand, en jy was my digkuns van jou hart se mure af.
Jy het jou hele siel uitgepak in my hart, maar jy pak nou jou goedtjies in my hart se kamers terug in jou wese, en jy sluit die deure weer agter jou.

Ons kon hardop bid, wanneer dinge moeilik geraak het.
Ons kon op die agtersitplek verdwaal in dowwe oomblikke.
Jy kon my vertel van jou rowwe verlede, terwyl ek aan jou lippe hang soos die innerlike klein dogtertjie met twee blonde boksterte.
Ek kon altyd vir jou verskuilde boodskappies skryf, met dinge wat net ons sou verstaan.

Hulle het gesê, passop hy hou van baklei, maar julle ken my sleg. Ek doen ook.
Ons sou ons vuiste moertoe baklei vir mekaar.
Net ek kon jou so mal laat raak, en net jy kon dat ek my kop so verloor.
Nee nie soos nog 'n Bonnie en Clyde nie, dit was nie nodig vir vergelykings nie, want wat ons in mekaar gehad het was helemal uniek.

Hy kon sien wat ek dink en ek kon voel hoe hy voel. Jou tuin was leeg, ek het die blomme geplant. En jy het 'n doringboom op my sypaadtjie geplant. Almal het geweet om weg te bly.

Ek het hartjies op my kouse, my voete op jou skoot. Sing nog 'n keer vir my "net die Hemel weet hoe lief ek jou het".
Jy vat altyd so saggies aan my asof ek kan breek soos glas.

Maar jy het my toe sprakeloos gelaat,
sê as jy my liefhet, sê dan jy is lief vir my
En dan is jy myne nog vir 'n laaste keer.

Continue Reading

You'll Also Like

2 0 2
Gedig
0 0 2
Die lewe is vol verrassings en draaie. Soms is die emosies wat deur situasies in ons lewens viroorsaak word net te groot om binne ons te dra. My hart...
83 1 1
As delwer delf jy dalk na vreemdelinge se ideale...
11 3 2
Go on this adventure with me and my thoughts. Some may be in Afrikaans. Some may be in English. I won't write everyday, just the days where my head i...