Kasteel

6 0 0
                                    

Dit was 'n herfs oggend
my hart se kamerdeure het
toe geklap, en die sleutels
het in die slotte afgebreek.

Maande lank was die kasteel
van my siel se hekke gesluit.
Alles was dood, daar was geen
kleur meer oor nie.

Een wintersaand het jy die hek
afgebreek, jy het weer my wese warm gemaak
met jou teenwoordigheid.
Ek het verstom gestaan en jou verwonder.

Die seisoen buite was winter, maar daar
is nou sommer in my hart danksy jou.
Eweskielik was die kasteel weer kleurvol,
daar was lewe in die vorm van jou hart.

Elmé

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now