Fenomenaal

6 0 0
                                    

Dit is vroeg aand, en jy was my digkuns van jou hart se mure af.
Jy het jou hele siel uitgepak in my hart, maar jy pak nou jou goedtjies in my hart se kamers terug in jou wese, en jy sluit die deure weer agter jou.

Ons kon hardop bid, wanneer dinge moeilik geraak het.
Ons kon op die agtersitplek verdwaal in dowwe oomblikke.
Jy kon my vertel van jou rowwe verlede, terwyl ek aan jou lippe hang soos die innerlike klein dogtertjie met twee blonde boksterte.
Ek kon altyd vir jou verskuilde boodskappies skryf, met dinge wat net ons sou verstaan.

Hulle het gesê, passop hy hou van baklei, maar julle ken my sleg. Ek doen ook.
Ons sou ons vuiste moertoe baklei vir mekaar.
Net ek kon jou so mal laat raak, en net jy kon dat ek my kop so verloor.
Nee nie soos nog 'n Bonnie en Clyde nie, dit was nie nodig vir vergelykings nie, want wat ons in mekaar gehad het was helemal uniek.

Hy kon sien wat ek dink en ek kon voel hoe hy voel. Jou tuin was leeg, ek het die blomme geplant. En jy het 'n doringboom op my sypaadtjie geplant. Almal het geweet om weg te bly.

Ek het hartjies op my kouse, my voete op jou skoot. Sing nog 'n keer vir my "net die Hemel weet hoe lief ek jou het".
Jy vat altyd so saggies aan my asof ek kan breek soos glas.

Maar jy het my toe sprakeloos gelaat,
sê as jy my liefhet, sê dan jy is lief vir my
En dan is jy myne nog vir 'n laaste keer.

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now