Jy sal my verlang

7 0 0
                                    

Ek is in 'n donker huis, jy is weer tussen hulle.
My kers se vlammetjie vir jou brand so klein.
Drie, twee, een daar trek die rook.
My vlam is uiteindelik dood.

Ek vat die foto's op my bedkassie weg.
Ek gee op, ek sit alleen op my kombuis vloer en die eensaamheid oorval my hart.
Ek moes luister toe jy gepraat het, as ek net fyner na jou woorde geluister het.
Sou ek weet dat jy nooit reg was vir my liefde nie.

Maar ek sê jou nou eending.
Jy sal my verlang wanneer jy weer my lag in die verte hoor, maar jy is nie die rede daarvoor nie.
Jy sal my verlang wanneer jy die "scrunchie" van jou bakkie se rat afhaal.
Jy sal my verlang wanneer jy my foto vir 'n laaste keer in jou hande hou.
Jy sal my verlang wanneer jy die musiek hoor waarna ek altyd geluister het. Jy sal spyt wees dat jy nooit na die woorde geluister het nie.
Jy sal my verlang wanneer jy na die sterre staar.
Jy sal na my verlang wanneer jy alleen die suiderkruis soek.
Jy sal my verlang, en jy sal my soort liefde in leegtes gaan soek.

Maklik en moeilik kom en gaan, maar ek gaan jou ook verlang.

Ek gaan verlang hoe net jy na my kon kyk.
Ek gaan die soene op my hand verlang.
Ek gaan jou sterk arms verlang.
Ek gaan verlang hoe jy altyd my kon verdedig en altyd my kant vat, jy sou nooit weet hoe ek na dit gesmag het nie, dankie dat jy my gewys het hoe dit voel.
Ek gaan verlang hoe jy altyd aan my geraak het.
Ek gaan die brei in jou stem verlang.
Ek gaan jou raad verlang.
Ek gaan alles van jou ook verlang.

En op daai Sondagoggend, 24 ure se stilte van hom het haar hart besef hy was nie gereed vir 'n liefde soos hare nie.
My bors raak swaar en my hart raak seer. Want vir jou, man met die blonde hare en die blou oogies, vir jou was ek lief, bitterik lief.

Dan sê ek vir jou dankie dat jy my weer gewys het hoe dit voel, hoe dit voel om verlief te wees.
Want ek was seker dat daardie deel van dood was. Maar daai kant van my lewe weer en ek wil dit graag vir iemand gee.

Ek weet Jesus het planne vir ons elkeen.
My Lief, al is jy nie meer myne nie, sal jy altyd My Lief bly.

Trane op my vloer.
My hart se deur is nou weer gesluit.

- Elmé

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now