Die perfekte aand

2.5K 15 27
                                    

Kortverhaal

* * * * *
Dit is die aand waarvan elke matriek meisie droom.

Dit is die aand waar drome waar word en waar grillerige paddas in prinse verander.

Dit is die aand van die sogenaamde "eens in 'n leeftyd" Matriekafskeid.

* * * * *
Maar laat ek by die begin, begin!

Sien, ek is nie iemand wat daarvan hou om op te dress of om grimering te dra nie. Ek is 'n plain Jane. Ek hou van sweetpakbroeke en T-shirts. Ek hou daarvan om Vrydae aande by die huis te wees en flieks te kyk.

Die dag toe hulle ons tema van die Matriekafskeid aangekondig het, was ek byna die enigste een wat nie opgewonde was nie. Wat het die Tema: "Hollywood" anyway uit te waai met 'n Suid Afrikaanse Matriek groep?

Danika, my beste vriendin het my dadelik aan die arm gegryp en opgewonde begin vertel van idees wat sy het vir ons rokke. Sy ontwerp ongelooflike klere en haar naaldwerk is iets uit hierdie wêreld. Ek wou natuurlik nie toe vir haar sê dat ek nie van plan is om te gaan nie. Wie is ek om 'n meisie se kreatiwiteit te vernietig?

Nou ja. Die matriek ouens het nie op hulle laat wag nie. Hulle het allerhande kreatiewe maniere uitgedink om hulle meisies te vra na die Matriekafskeid toe. Van afkondigings oor die interkom tot versies lees op die podium voor die hele skool. Ek moet sê, ons matriek seuns het nie teruggehou nie. Nie lank nie toe het meeste meisies n date. Natuurlik nie ek nie... Ek meen wie sal in my belangstel?

* * * * *
Eendag het 'n vreemde ding gebeur. Sien, ek was oppad na my sluitkassie toe, toe iemand my aan die skouer tik. Ek het half verbaas omgedraai. Voor my het Dewald gestaan. Jy sien, Dewald is die skool se Wiskunde boffin. Hy neem aan alle sporte deel. Hy sê sy ma dink, hoe meer tipes sport jy doen, hoe fikser is jy fisies en emosioneel. Hy is ook bekend as die hunk van die skool en hy slaan al die meisies se voete onder hulle uit.

"Ja?", het ek verbaas gevra.

"Ummm, hi Sunette." Ek was verbaas dat hy actually my naam ken. Ek het net vir hom 'n onsekere glimlag gegee.

"Jy weet mos dat dit amper die Matriekafskeid is, neh?", het hy toe vir my gesê. Die hoop het toe skielik in my opgevlam. Ek het gedink my "luck" sou daardie dag verander. Ek het gedink dat ek dalk, net dalk 'n date gaan kry. As ek 'n date kry, sal ek dit begin oorweeg om na die Matriekafskeid te gaan.

"Ja." Het ek geantwoord. "Wel, ek het gewonder, jy weet..." Hy het na my gekyk. Dis asof hy verwag het ek moes antwoord. Wie is ek om sy woorde sommer net so in die lug te laat hang?

"Dis reg, Dewald. Ek sal graag saam jou gaan." Ek het vir hom 'n vriendelike glimlag gegee. Sy gesig was geskok gewees. Hy het gelyk asof hy heeltemal uit die veld geslaan is. Dit het glad nie vir my sin gemaak nie.

"Nee ummm... Ek het nie... Dis nie wat ek bedoel het nie. Jy sien... Ek wou eintlik vra of Danika al n date het. Ek wou haar vra." Dit het die wind onder my seile uitgehaal. Ek het my naam met 'n plank geslaan. En dit voor die held van die skool. Ek het gewens dat die aarde my tog op daardie oomblik net wil insluk. Ek het nog nooit so skaam in my hele lewe gekry nie. Ek het net daar omgedraai en na my volgende klas geloop. Ek kon nooit vir Dewald weer in die oë kyk na daardie dag nie.

In elk geval, die Matriekafskeid het nader en nader gekom. Ek het nog nie besluit of ek wou gaan of nie. Danika het al n rok gekry en alles. Dewald het haar natuurlik vertel van die episode tussen my en hom... Danika spot my nou nog daaroor...

* * * * *
My familie te same met Danika, het my gesmeek en gesmeek om tog asseblief na die Matriekafskeid te gaan.

"Komaan, Sunette. Jy gaan uitmis as jy nie na die Matriekafskeid gaan nie.", het Danika my een middag aangespreek. Ek het my oë vir haar gerol. "Ag ek weet nie, Danika. Dis mos maar simpel as mens sonder n date na die Matriekafskeid gaan."

Om 'n Tiener te weesWhere stories live. Discover now