Nuwe Hoop Kinderhuis

428 7 5
                                    

Daar waar Paula voor die deur van haar nuwe huis staan voel sy al die emosies wat sy vir 11 jaar moes onderdruk met een slag uitbars.  Dit is ‘n nuwe lewe wat op haar wag in Nuwe Hoop Kinderhuis.  Weg van die monsters wat sy as haar ouers aanvaar het as jong kind.  Die ouers wat haar as ‘n vloerlap ingespan het in die huis waar hulle nooit self betrokke was nie.

“Dit is tyd,” sê die vriendelike tannie met die lang swart hare wat langs haar staan.  “Jy gaan dit baie geniet hier by my en jou nuwe sussies.”  Die lang blondekop Paula draai aan die deurknop wat yskoud in haar hand voel.  Voor haar staan vier blinkoog dogtertjies, almal min of meer dieselfde ouderdom as Paula.  Die kort dogtertjie met die kort gesnyde bruin hare is die eerste een wat haarself kom voorstel.  “Ek is Tanya en ons gaan elke aand deurnag partytjies hou met al die lekkergoed wat jy seker vir ons saamgebring het.”  Sy gee vir Paula ‘n geskenksakkie met die mooiste geverfde klippie daarin met die woorde, “jy is baie spesiaal” daarop geskryf in ‘n amper onleesbare skrif. 

Paula bedank die klein lewenslustige Tanya en breek toe die nuus wat Tanya en die ander drie amper op hul rug laat beland.  “Wat is lekkergoed?”  Paula se lekkerste goed wat sy al teë gekom het in haar lewe, is mieliepitte wat sy altyd uit die bure se hoenderhok gesteel het as sy moeg geraak het vir die pakkies sop wat sy vir oggend-, middag en aandete vir haarself moes maak.  Wanda en Leandra wat Paula dadelik as ‘n identiese tweeling uitgeken het hardloop albei vorentoe sodat hulle wit poniesterte oor hul ronde gesiggies swaai.  Hulle druk elkeen ‘n hand vol toffies wat al plat gedruk is van al die kere wat hulle dit onder hulle kussings moes wegsteek in Paula se broeksakke. 

“So dit is waar al ons lekkergoed heen verdwyn,” sê tannie Marie in ‘n streng maar tog vriendelike en kalm stem.  Almal kyk na tannie Marie met liefdevolle stoute glimlaggies op elkeen se gesig.  Die tweeling gee haar ‘n druk soos net ‘n kind haar ma sal druk as sy iets verkeerd gedoen het.  Agter in die hoek staan die vierde dogtertjie.  Sy is al een wat nie ‘n glimlag het wat oor haar mondhoeke speel nie.  Sy lyk ernstig en skoon ontsteld met haar bril wat heeltemal te groot is vir haar gesig.  “Ek het julle gesê julle mag nie die lekkergoed vat nie, maar nee hoekom sal julle nou vir my luister!” 

“Ag nee man Katryn, dit is mos alles net ‘n grappie, jy moet tog nie so preuts wees nie,” sê klein Tanya en sy gee vir Katryn ‘n stywe druk wat haar laat snak vir asem. 

Paula wat so effens onkant gevang is met die skielike vriendelikheid waaraan sy nie gewoond is nie voel dadelik tuis.  Sy begin die verdwaalde traantjies van blydskap van haar skurwe wangetjies afvee en sy gaan sit plat op haar ou geskeerde bruin tassie.  Al wat die tassie in het is haar enigste twee verbleikde stelle klere en ‘n foto van haar geliefde hond Flappie wat twee jaar terug deur haar pa doodgery is.  Voor sy haar oë kan uitvee het tannie Marie al ‘n glas koeldrank in Paula se hand gedruk en ‘n bord met koekies op die tafeltjie voor haar neergesit.  Die ander vier het stelling ingeneem rondom Paula.  Katryn is die eerste een wat die gevreesde vraag uiter... “So, waar kom jy vandaan en is jou ma en pa ook dood?”  Paula kyk vir Katryn verskrik aan en dit lyk of sy enige tyd in trane gaan uitbars.

Paula besluit toe om hulle tog maar alles van haarself te vertel, hulle stories is tog min of meer seker dieselfde.  Sy vertel van hoe sy die enigste kind was nadat haar ouer broer selfmoord gepleeg het toe sy nog net twee jaar oud was.  Haar ouers het glad nie getreur daaroor nie en dit het gemaak dat Paula nooit regtig haar emosies aan ander gewys het nie. 

Sy vertel hulle van haar pa wat elke dag van sy skelm vriende by hulle huis ingenooi het en hoe hulle bottels en bottels drank leeg gedrink het, terwyl hulle beplan het hoe om die volgende huise te beroof en die eienaars te elimineer.  Haar ma het vir dae aan een net verdwyn en as Paula haar gaan soek het was sy elke keer in hegtenis geneem vir dwelm misbruik.  Paula het hulle ook vertel dat sy nog nooit op ‘n bed geslaap het nie en dat sy nog nooit nuwe klere gekry het of ‘n verjaarsdagpartytjie gehad het nie.

Die kinders was geskok oor Paula se tragiese lewensverhaal en nie een het geweet wat om vir Paula te sê nie.  Tannie Marie moes vinnig ingryp en het voorgestel dat hulle almal saam na die nuwe winkelsentrum moet gaan om vir Paula nuwe klere te koop.  Terwyl Paula oorstuur was deur al die massas mense in die winkels en al die klere in die vensters het tannie Marie skelmpies vir Tanya gesê om klomp lekkergoed en versierings te gaan koop sodat hulle vir Paula ‘n partytjie kan hou.  Paula het baie styf aan tannie Marie se hand vasgeklou en so nou en dan het sy in die middel van die pad gaan staan om die mooi klere te bewonder. 

Net toe hulle elkeen uiteindelik ‘n kledingstuk in die hand het vir Paula gryp iemand die arme kind aan die arm.  “Nee los my uit,” skree Paula kliphard uit.  Toe sy omdraai sien sy haar ma met ‘n blou oog en vuil geskeerde klere voor haar staan. 

Sy skrik haar boeglam en probeer losruk, maar die greep wat haar ma het wil die loskom nie.  Haar ma begin te praat in ‘n kalm stem wat Paula nog nooit van tevore gehoor het nie.  “Ek was nooit jou regte ma nie Paula, die tannie wat jy nou langs jou sien staan is die vrou by wie ek jou ontvoer het toe jy nog ‘n pap babatjie was.  Jy was en is nogsteeds die mooiste klein dogtertjie wat ek nooit kon kry nie.  Jy moet jou lewe saam jou ma Marie geniet, sy is die vrou wat jou in die wêreld in gebring het en sy sal jou op die manier versorg wat ‘n pragtige kind soos jy verdien.”  Haar ma leuen vorentoe om vir haar ‘n druk te gee, maar Paula duins dadelik terug om die hou waaraan sy gewoond is te keer.  “Ek sal jou nie weer slaan nie my skat, nooit weer nie, jy is nou veilig saam tannie Marie.” 

Paula staan steeds verward nadat haar ma weggeloop het en sy weet nie wat om te sê of te doen nie.  “Gaan julle solank huistoe,” sê tannie Marie vir die ander drie kinders en sy knip vir Tanya oog waarop Tanya glimlag.  Tannie Marie vat toe Paula se hand styf in haar hand vas en stap na die koffiewinkel oorkant die klerewinkel waar hulle was.  Daar het hulle lank gesit en tannie Marie het vir Paula die hele storie vertel van hoe sy besig was om vir Paula ‘n nuwe speelding te koop en toe sy omdraai was Paula en haar waentjie skoonveld.  Die polisie het lank na Paula gesoek, maar kon haar nie opspoor nie.  Dit is toe dat sy Nuwe Hoop Kinderhuis begin het in die hoop dat sy ander dogtertjies kan beskerm teen sulke skelms soos die wat vir Paula gesteel het.

Paula het haar melkskommel vinnig gesluk toe tannie Marie sê dat daar ‘n groot verrassing vir haar by die huis wag.  Hulle het haastig terug gestap met Paula wat vir tannie Marie amper agterna sleep van opgewondenheid.  Toe hulle by die huis instap is daar ‘n groot bannier teen die muur op met die woorde “Lekker Verjaar”. 

Die ander dogertjies het vir Paula aan die hand gegryp en haar gelei na haar nuwe kamer wat hulle as verjaarsdagpersent vir haar opgemaak het.  Voor haar het Paula die mooiste kamer ooit gesien met die grootste bed wat mooi met skoenlapper beddegoed oorgetrek is.  Pienk, pienk en nogmaals pienk met pers en pienk gordyne.  Van die dak af het daar skoenlappers gehang en orals teen die muur was skoenlapper prentjies geplak.  Paula kon haar oë nie glo nie.  Haar eie kamer, met ‘n bed en ‘n kas vol nuwe klere.  Dinge wat sy nog nooit gehad het nie en wat ander kinders vanselfsprekend aanvaar.

Die kinders het heerlik partytjie gehou met al die lekkergoed wat Tanya gekoop het.  Hulle het speletjies gespeel en dinge gedoen wat Paula nog nooit kon doen as gevolg van haar omstandighede nie.  “Julle is die beste sussies en ek is baie lief vir julle,” het sy elke nou en dan uitgeroep en vir elkeen ‘n drukkie gegee. 

Die aand toe sy in haar bed gaan klim na die lang dag het tannie Marie langs haar kom sit en vir haar die mooiste slaapstorie vertel van ‘n dogtertjie wat weg geraak het en weer gevind is.  Paula het sommer vinnig aan die slaap geraak in haar regte ma se arms.

En?

Wat dink julle? Hou julle van die kortverhaal?

Onthou om te VOTE!

Je hebt het einde van de gepubliceerde delen bereikt.

⏰ Laatst bijgewerkt: Jun 25, 2017 ⏰

Voeg dit verhaal toe aan je bibliotheek om op de hoogte gebracht te worden van nieuwe delen!

Om 'n Tiener te weesWaar verhalen tot leven komen. Ontdek het nu