Bang, Banger, Bangste

38 3 2
                                    

Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.


Om 'n Beskermer te wees is 'n belangrike werk. Daphne het nog altyd geëerd gevoel dat sy gekies was vir hierdie lewe. Veral omdat dit haar 'n beter kans op oorlewing gee in die ondergrondse wêreld wat afgesny is van die ware weë van die Feë.

Nog 'n verskrikte gil maak dat sy begin hardloop.

'n Bang Elfie staan voor 'n paar Hof snuiters en probeer hulle skild van gevaar. 'n Swart kat met robyn oë sis as hulle beweeg waar hulle vasgenael is onder sy starende blik.

Daphne voel verward en bang oor die teenwoordigheid van 'n Feetjie Kat in die Oniks Labirint, maar sy ignoreer dit. Dit is haar plig om die lewens van ander Feë te beskerm.

'Feetjie Kat – naby die skool,' stuur sy die gedagte aan elke Beskermer in die Oniks Labirint.

Almal weet dat die walglike gediertes vrylik beweeg in die Labirint wat onder die oppervlakte van die planeet strek, maar bewaking-toorkrag hou hulle uit die Oniks Labirint waar die Feë van hulle Hof woon.

Om 'n Feetjie Kat hier te hê beteken groot moeilikheid.

Daphne raak aan die lewendige steen muur langs haar en wil dit om die Elfie en kinders weg te vat van die Feetjie Kat. Sy weet dat die kanse maar min is dat die steen sal doen wat sy wil hê dit moet, maar sy moet probeer. Net Elfies kan deur die Labirint beweeg soos hulle wil – almal anders is afhanklik van die steen se wispelturige aard. As die Elfie net sal ophou om so paniekbevange wees...

Die swart kat maak reg om aan te val nes die muur dit insluk.

Daphne vloek. Sy wou die gedierte ondervra om uit te vind hoe dit ingekom het.

Voetstappe maak dat sy omdraai.

Vier Berskermers kom stilletjies nader.

'Dis weg,' vertel sy hulle deur die verstand-skakel wat Beskermers deel.

Een gaan dadelik na die Elfie en Hof kinders. Twee gaan dadelik om die area deur te soek. Haar kommandant nader haar sodat sy alles kan rapporteer.

Daphne weet wat dit beteken: hulle gaan op volle waaksaamheid wees. Daar is iets verkeerd met die Labirint.


Dis amper 'n week nadat 'n Feetjie Kat in the Oniks Labirint gesien is. Al die Beskermers het op verkenningstogte gegaan deur die hele Oniks Labirint en die tonnels wat hulle gebruik om na die mensewêreld te gaan.

Maar tot dusver was daar geen teken van die Feetjie Katte nie.

Een Beskermer het selfs sover gegaan om te sê dat die Feetjie Katte aangetrokke tot Daphne is omdat sy die enigste Beskermer is wat enige interaksie met die aaklige Feetjie Katte het.

'Dis besluit dat Daphne, Kaye en Ruhan op 'n behoorlike verkenningstog deur die hele Labirint sal gaan om uit te vind waar die Feetjie Katte se nes is. Sterkte, Beskermers,' sê hul kommandant.

Verhale van die Oniks LabirintWhere stories live. Discover now