Die Beskermer

28 2 0

Daphne maak of sy flou val en dadelik het sy die volle aandag van die bestuurders van die trokkies wat kos na een of ander geleentheid vat

Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.

Daphne maak of sy flou val en dadelik het sy die volle aandag van die bestuurders van die trokkies wat kos na een of ander geleentheid vat. Behalwe vir hulle, was die straat tussen die hoë geboue heeltemal leeg. Haar strik werk en die twee mans hardloop dadelik na haar toe.

Terwyl hulle 'n ophef van haar maak, hou sy die donkerbruin akkedis-tipe gediertes uit die hoek van haar oog dop soos hulle al die kos uit die trokkies verwyder en af 'n drein vat na die stormwater tonnels. 'n Spesiale trollie wag daar onder vir die kos. Die vyf kaboutermannetjies maak vinnig seker dat daar nie 'n krieseltjie kos agter bly nie.

'Dankie,' sê sy vir die twee mans soos die laaste kos saam met die kaboutermannetjies verdwyn. Daphne sit regop en gee hulle 'n stralende glimlag – dit beroof hulle van hul sinne vir 'n oomblik. Sy duik in die drein in agter die Feetjie diewe.

Sy verkies dit om met die kaboutermannetjies te werk bo die Rooi Kappies. Die kaboutermannetjies is wragtig goeie diewe en hulle luister na bevele, waar die Rooi Kappies meesal net almal se bloed wil giet wat tussen hulle en hul prys staan.

Daphne spring vinnig van die stormwater drein na die ingang van die Labirint. Die opening is besig om al hoe kleiner te word. Sy veg teen die begeerte om haar oë toe te maak soos sy die lang afstand val na waar die kaboutermannetjies vir haar wag.

'n Swart-grys kat krap haar linker hand soos sy die Labirint in val. Verblindende pyn skiet deur haar hele lyf en bars by haar vingerpunte uit. Sy vloek die Feetjie Kat toe sy haar hand sien: twee gaatjies op haar middel vinger was staalgrys en word al hoe donkerder soos die res van haar vinger silwer word. Sy weet dat haar vinger staalgrys en dan swart gaan word – 'n teken dat haar dood naby is.

Die kaboutermannetjies bestuur die trollie met gemak deur die Labarint. Bruin klip maak plek vir swart en Daphne voel verlig soos hulle die Oniks Labarint binne gaan. Ten minste sal geen Feetjie Kat êrens daar kan rondhang om haar van kant te maak nie. Sy voel swakker en swakker soos hulle dieper in hul tuiste beweeg. Sy kan die kaboutermannetjies se kommer voel, maar sy konsentreer net daarop om wakker te bly.

'Sterkte,' sê hulle en ry weg van die hoof gebou af. Die swart klip glinster in die swak lig. Haar enigste gedagte is dat sy by die heler moet uit kom.

Sy loop en loop maar die lewendige klip weier om haar toegang te gee tot die heler se kamers. Eindelik kom sy in die binnehof aan die ander kant uit en 'n paar treë neem haar tot op die groen gras onder die kunsmatige sonlig.

'n Elfie, 'n Feë van die kneg klas, lei 'n groepie twaalfjariges êrens.

'Ek het jou hulp nodig,' sê sy met 'n buiging.

'Raak weg, Beskermer. Die Elfie vat ons na Haar Hoogheid se teater,' sê 'n snuiter in blou.

'Verskoon tog, Beskermer. Wanneer ek klaar is, sal ek jou kom vind,' sê die Elfie bedees.

Verhale van die Oniks LabirintWhere stories live. Discover now