Hoofstuk 3

7 1 0
                                    

Die skou word jaarliks gehou op die gronde van die kerk omdat dit dan ook gebruik word vir fondsinsameling vir die kerk se onderhoud en liefdadigheids projekte .

Die skou is een van die lekkerste en grootste gebeurtenisse in die klein dorpie , daar is kunstenaars wat optree , stalletjies van alles wat jy aan kan dink en 'n klomp speletjies en ander vermaakthede wat die hele familie kan besig hou.

Dit is die eerste keer wat ons joernalis nou die skou gaan bywoon . Soos wat Ruan die skou betree sien hy net laggende gesigte en stalletjies met allerhande lekkernye en musiek wat kliphard pons . Hy is gesê om 'n berig te skryf oor die jaar se skou vir die volgende week se koerant.

Maar sy gedagtes dwaal egter op 'n ander roete , ver van die skou gronde , ver van sy berug . Maar terug na 'n klein meisie, daardie huis , daardie foto ...

Hoekom wil niemand met my praat oor wat by daardie huis gebeur het nie? Wat kan so erg wees dat niemand oor dit wil praat nie ?

"Ruan!" Skree fluister iemand agter hom , toe hy omdraai sien hy 'n kort mannetjie met die bietjie hare wat op sy kop oor is, is pik swart , oë so blou soos die hemel .
Die man wys vir hom om nader te kom.

" Hi Ruan ek is Piet Badenhorst , ek is die plaaslike eiendoms agent hier in Jakkelsdrif , ek hoor jy is opsoek na die storie agter die storie van die vloek van Transvalia straat 15 , kry my twaalf uur agter die kerk gebou dan vertel ek jou alles ." Sê die vreemde man vir hom .

Half geskok vra Ruan " Vloek? Watse vloek? Waarvan praat jy ?"

" Ek kan jou nie nou vertel nie , ek het alreeds teveel gesê" sê Johan . Hy leen oor die tafel van sy stalletjie en fluister vir Ruan " Hiers teveel ore , kry my agter die gebou en moet nie vergeet nie ."

Soos wat Ruan weg stap probeer hy sy kop om die vreemde byeenkoms kry . Wat moet hy nou maak vir die volgende twee ure terwyl sy niskuriheid dreig om hom mal te maak ? Hy besluit toe maar om 'n paar fotos te neem en notas te maak vir sy berug . Dit is tog sy werk en hy moet sy verantwoordelikhede volhart.

Twee ure vlieg in 'n oogwink verby soos Ruan die mense van die dorp ontmoet en leer ken . Voor hy homself kon kry is dit reeds twaalf uur en hy besluit om solank te stap . Maar soos wat hy om die gebou geloop kom sien hy iets , iets wat niemand wil sien nie .

Hy bel dadelik die polisie en tree nader , hy moet homself keer om nie op te bring nie . Voor hom lê Johan se lyk . Kop af gekap ,en tong uit gesny . Op die kerk muur agter die lyk staan daar in bloed geskryf ..

Tonge wat pla word uitgehaal, los die storie of jy is volgende ....

Jakkelsdrif slagter.

5 minute later toe die poliesie daar stop . Klim daar twee poliesie manne uit en stap nader . Die een is lank en maar en die ander kort en vet , hulle is presies die teenoor gestelde van mekaar. " Goeie dag ons is Gerrie en Gielie , die twee speurders van Jakkelsdrif PD. Wat het hier gebeur?" Vra altwee gelyk vir Ruan .

" Ek het net om die hoek gestap gekom en hom so gekry , wat is die Jakkelsdrif slagter? " vra Ruan .

"Die Jakkelsdrif slagter? Gielie vang my " sê die lang man voor hy in mekaar in sak .

" Wat is fout met hom ? " vra Ruan bekommerd .

" Die Jakkelsdrif slagter is 'n reeks moordenaar wat die hele Weston familie uitgemoor het en onthoof het , almal behalwe die klein dogtertjie , Sara . Hy het haar in haar kamer toe gesluit en gelos laat sy daar doodgaan. Gerrie was die speurder op die saak en het naby gekom om die slagter te vang . Toe het die slagter hom ontvoer en vir drie maande in marteling gehad voor hy hom laat gaan het . Hy het net verdwyn na dit ons het gedink die dorp het te klein geraak vir die slagter en dit is hoekom Gerrie uitgepaas het ."

" Is dit wat gebeur het by Transvalia straat 15? Hoekom praat hulle dan van die vloek van daardie huis ? " vra Ruan nou niskurig .

" Ja hy het al sy slag offers soontoe gevat en daar vermoor . Ons vermoed dat hy dalk in daardie huis groot geword het en dit sielkundig sy manier is om terug te kry vir wat aan hom gedoen is in daardie huis. "Sê Gielie vir hom met 'n swaar hart .

" So julle weet glad nie wie die slagter regtig is nie ? Nie eers 'n idee nie ?" Vra Ruan.

" Nee die paar oog getuies wat sê hulle het die persoon al gesien gee almal ander beskrywings van die slagter en dus het ons geen profiel om van af te werk nie ." Sê Gielie." Ek dink jy moet maar huistoe gaan en rus ons sal dit van hier af vat . Dankie vir jou oproep ."

By die huis maak Ruan vir hom aand ete en vat 'n lang warm stort . Hy klim in die bed maar die oordosis van gedagtes verwyk slaap terwyl hy lê en dink aan wat hy geleer het vandag .....

Daar gaan meer aan in hierdie dorpie as wat hy gedink het . As hy hierdie slagter kan ontblood kan dit dalk net sy loopbaan herstel .

Min weet hy dat die slagter hom staan en dop hou buite sy kamer venster .

Wie is die slagter ?
Wie is die dogtertjie?
Dwaal haar gees regtig deer die gange van daardie huis ? Of is dit net Ruan se denke ?

Transvalia Straat 15 Where stories live. Discover now