"Ek doen jou 'n guns deur jou 'n lift te gee vanmiddag."

"O my siel!" Ek draai soos 'n tierwyfie om, maar moet vinnig gaan stilstaan toe hy baie nader aan my is as wat ek gedink het.

"Ek het jou nie gevra om my te gaan aflaai nie so druk jou guns knie-diep in jou gat in op!" Sis ek deur stywe lippe vir hom.

"Ah, so die prim kan vloek."

"Ek kan meer as dit doen as jy nie drasties 'n daadwerklik poging begin aanwend om my uit te los nie."

"Hoekom is jy so vasberade om mense weg te stoot?" sy stem is skielik sag en dit bring my omkant. Sy oë kyk met 'n intense lig, diep in my eie groen kykers voor dit oor my gesig dwaal.

"Wat is die?" Hy lig sy hand effens en ek skram instinktief weg, voor ek my kop liggies skud sodat die sliertes vinnig oor my wang val.

"Wat is wat?" vra ek gemaak ongeduldig maar my hart voel weereens effens benoud. Die arme ding sal tien teen een nog gaan staan een van die dae met al die wip-plank emosies waarmee hy moet probeer by hou.

"Jou wang..." Die klok lui gelukkig en ek swaai vinnig weg van hom af.

"Ek's laat vir Engels." sê ek kortaf oor my skouer en sien hoe hy sy tas oor sy skouer regskuif, sy hand hand in sy broeksak steek. Op sigself baie kalm en rustig maar die blik in sy oë vertel my dat hy die saak nie sommer daar gaan laat nie.

***

Ek is besig om baie intensief my wang te bestudeer en kom agter dat tog redelik duidelik is dat hy nie dieselfde as die ander bleek wang lyk nie. Fantasties! En ek dog ek sal dit met 'n paar haar sliertes kan wegsteek!

Ek hoor voetstappe en kort voor lank stap Monique en Chantel die badkamer binne.

"Hi Simonè! Jis ek wou nog vir jou dankie sê dat jy my voorgestel het aan Lukas! Is hy nie net die sexyste ding op twee bene wat nog in hierdie dorp rondgeloop het nie?" Chantel rol haar oë en glimlag vriendelik vir my. Sy en haar kêrel is al byna hulle hele hoërskool loopbaan saam so sy swik sekerlik nie vir Lukas se opmerklike sjarme nie.

"Dis geen probleem nie, ek het gedink julle sal goed oor die wegkom." Ek maak of ek besig is met my hare toe Monique my 'n bietjie te aandagtig beskou. Sy is 'n oulike meisie wat nie toegelaat het dat populariteit haar persoonlikheid oorvat nie. Almal wou soos sy wees, bloot omdat sy die persoonlikheid saam met die voorkoms gekry het. Dis seker hoekom sy die Hoofmeisie geword.

"Hy het nogals baie oor jou uitgevra, maar toe besef ek dat ek eintlik nie so baie van jou weet nie."

Hierop het ek niks te sê nie. Ek pas nou nie eintlik by hulle groepie in nie. Ek hou heeltemal te veel van lees en te min van sonskyn. Ek is glad nie sportief nie en ook nie die mooiste meisie in die skool nie. O ja, daar is natuurlik ook nog die feit dat ek in 'n spoorhuis saam 'n mal man bly wat daarvan hou om my as sy boks sak te gebruik. Ideale vriendin materiaal.

"So ek't gedink jy moet dalk een naweek bietjie saam met ons plaas toe kom dat jy bietjie die mense leer ken saam met wie jy al so lank op skool is." Sy wag geduldig vir my antwoord en ek trek my een skouer liggies op.

"Daar is nie eintlik 'n punt daaraan nie, een van die dae is dit eksamen dan sien almal mekaar in elk geval nie eers nie."

"Wel, die uitnodiging bly staan." Chantel is intussen klaar met haar hare wat sy weer kom vasmaak het en hulle begin aan te stap deur toe.

"Uhm, Monique?" Sy draai terug na my toe. "Jy't nie dalk bietjie onderlaag wat ek kan leen nie?"

Sy glimlag vir my en wys met haar vinger dat ek haar moet volg. By haar sluitkassie haal sy onderlaag vir my uit en gee dit aan. Ek kyk 'n oomblik af na dit toe en sug saggies. Hoe sit mens die goed aan dat dit nie ooglopend is dat jy dit aanhet nie.

"Het jy dalk hulp nodig?" vra sy sag en gee my arm 'n bemoedigende drukkie.

Ek kyk dankbaar op na haar en sy vee die slierte agter my oor in. Haar oë rek net 'n fraksie voor sy in stilte die onderlaag op my vel smeer. Toe sy by die blou wang kom vee sy effens ligter en ek sien hoe sy haar lippe ferm op mekaar pers. Toe sy klaar is staan sy 'n bietjie terug en bekyk my gesig noukeurig.

"Daarso. Gee my jou selfoon." Sy hou haar hand geduldig uit en ek kyk vir 'n oomblik net daarna.

"Ek het nie 'n selfoon nie."

Die keer is dit sy wat my onbegrypend aankyk voor sy haar kop liggies skud. Sy haal haar dagboek uit haar sluitkassie uit saam met 'n pen.

"Wanneer verjaar jy?" Vra sy terloops terwyl sy 'n bladsy uitskeur.

"Eintlik... oor so twee weke. 13 Junie." Sy skryf iets neer voor sy die papier vir my gee.

Ek kyk na die drie nommers op die papier.

Monique Buitendag

Monique Huis

Kobus Buitendag

Die name is netjies voor elke nommer geskryf.

"As jy ooit enigiets nodig het of dalk net bietjie wil afpak."

"Wie is Kobus?" vra ek, sy is net besig om bedagsaam te wees, kry my seker jammer oor my algemene voorkoms en eensame leefstyl.

"Dis my pa. Hy is die hoof van die Polisie hier op die dorp." Ek kyk vinnig op na haar toe en maak my mond oop.

"Dis nie..."

"Dis ook nie die eerste keer dat ek blou kolle op jou lyf sien nie Simonè. Geen mens is so lomp dat hulle byna permant krippel en blou is nie." Sy draai om en stap vinnig weg voor ek nog 'n word kan uitkry.

Donker Is Die NagWhere stories live. Discover now